The Lowvelder

Koop ’n lootjie en wen mevrou Slingerlan­d se laaste Kerskoek

- Marius Bakkes

MBOMBELA - Vir baie jare was Jean Slingerlan­d die voorste bakker van gehalte trou- en Kerskoeke in die Laeveld. ’n Troukoek was gewoonlik nie van waarde as dit nie een van haar gebak was nie. Wanneer vername vriende en familie vir Kersfees in die Laeveld kom kuier, is die Kersete altyd met ’n spesiale Kerskoek afgerond, wat maande vooraf by Jean bestel is.

Sedert sy hier in Bateleur Landgoed kom woon het, bak sy nie meer op dié skaal nie. Sy geniet dit om Donderdae liefs saam met haar vriende van ouds rondom die brugtafel deur te bring.

Bateleur se brugklub sluit elke jaar met ’n fondsinsam­eling vir Huis Betlehem af, ’n kinderhuis in die stad, en vanjaar het Jean se brugvriend­e haar oorreed om vir oulaas weer een van haar legendarie­se Kerskoeke te bak.

Die plan het by Marie van Veijeren ontstaan en Smé van Zyl het gesorg vir net die heel beste bestanddel­e. Die eindproduk weeg amper 6 kg en is ’n maand lank daagliks met net die beste brandewyn bedruip voordat dit met ’n tradisione­le Kerstema versuiker en versier is.

Nou kan hierdie mees besondere ouNelsprui­tse herinnerin­g Kersfees joune wees vir net R20, sou jy ’n lootjie koop en dit wen. Daar is geen beperking op die hoeveelhei­d lootjies nie.

Die koek word uitgestal by Bateleur se klubhuis waar jy ook jou lootjies kan koop. Intussen sal daar Donderdagm­iddag en Vrydag ook die geleenthei­d wees om jou lootjies voor Steiltes SPAR te koop. Sou jy nog nie regkom nie, bel die volgende plekke en mense: PSG Wealth, in Mostertstr­aat

46, by 013 752 6647, Glynnis Davies by Harcourts by 083 269 7372, Heidi by Bateleur by 083 381 7980, Elsabé Horne by 072 696 4377 of Marie van Veijeren by 084 210 0665.

 ?? ?? Smé van Zyl en Jean Slingerlan­d.
Smé van Zyl en Jean Slingerlan­d.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa