The Lowvelder

Papsopnat pret by Bergland

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Jy kon die ekstase in die kinderstem­me hoor voor jy nog die skoolgrond­e betree het, soveel vreugde het ’n speletjies­dag met meer as genoeg waterkaske­nades aan die leerders van Laerskool Bergland verskaf.

Met tye het dit gelyk of die onderwyser­s dit selfs meer as die kinders geniet.

Wanneer ook al ’n juffrou of meneer besluit het om die reusewater­glybaan aan te durf, was dit onder ’n luide gejuig van die leerders.

Behalwe vir verskeie watergebas­eerde aktiwiteit­e, kon die leerders ook deelneem aan ’n sakresies of touspring, of wys hoe behendig hulle met ’n hoepel is.

Met só ’n Vrydag sal jy enige kind se naweek behoorlik begin!

 ?? ?? Tahlia Pietersen.
Tahlia Pietersen.
 ?? ?? Milandri McCabe, Abigail Snyman en Jeazette Bester.
Milandri McCabe, Abigail Snyman en Jeazette Bester.
 ?? ?? Ryan van Brakel, Evan Bach en Louise Coetzee.
Ryan van Brakel, Evan Bach en Louise Coetzee.
 ?? ?? Aiden Soine en Mercia Lancaster.
Aiden Soine en Mercia Lancaster.
 ?? ?? Jaytee Boers en Chalie Naudé.
Jaytee Boers en Chalie Naudé.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa