The Lowvelder

Die stand van meeste SuidAfrika­ners se geestesges­ondheid

-

Vier-en-vyftig persent van Suid-Afrikaners kan nie maandeliks met hul geld uitkom nie. Dit het ’n impak op hul geestesges­ondheid. Só sê onlangse statistiek­e van ’n Sanlamveld­tog wat onder 1 200 respondent­e gedoen is.

Die opname het bevind dat die meeste mense gewens het hulle het meer gespaar. Van die belangrike bevindings van die opname toon aan hoe Suid-Afrikaners tans voel, en dat hulle wens hulle kon aan hul prepandemi­e-self die volgende geskryf het:

• 57% van respondent­e het gesê finansiële stres het die grootste impak op hul geestelike welsyn gehad.

• Jong mense tussen 18 en 24, veral vrouens, is die swaarste deur finansiële stres getref.

• Ouer mense was meer bekommerd oor die ekonomie en die stand van Suid-Afrika, en negatiewe nuus het ’n impak op hulle gehad.

• Verlies en smart het ’n impak op alle ouderdomme gehad. Vier-en-twintig persent het genoem dat verlies en smart ’n geestelike impak gehad het, en 22% het afsonderin­g en eensaamhei­d genoem.

• Kindersorg en gesinstres is die meeste deur vrouens gevoel. Twintig persent van manlike respondent­e tussen 25 en 39 het egter ook kindersorg en gesinsvera­ntwoordeli­khede as ’n faktor genoem.

Dit is duidelik dat finansiële stres ’n geestelike en fisieke impak op ons welsyn het. Gevolglik is dit belangrik om met ’n finansiële adviseur te gesels oor hulpmiddel­s om jou te help om ’n haalbare holistiese plan op te stel.

Sanlam Lewens is die gelisensie­erde beherende maatskappy van die Sanlam Beperk Versekerin­gsgroep.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa