The Lowvelder

Hoe nou gemaak met vragmotors?

-

Dit het tyd geword om vervoerkon­trakteurs ekstra te belas vir die gebruik van Suid-Afrikaanse paaie.

So mymer ek ’n ruk gelede toe ’n steenkoolv­ragmotor wat dwars oor die N4 op sy sykant in die Krokodilkl­oof lê, my planne fnuik om vroeg by die wildtuin in te gaan. Geen kar kan verbyry nie. Almal moet omdraai om ’n alternatie­we roete te gaan soek.

Die bedryf, wat veronderst­el is om ’n ekonomiese lewensaar te wees omdat die land se spoordiens­te tot stilstand besteel en geplunder is, het die lewende nagmerrie van talle Suid-Afrikaanse motoriste geword.

As jy my nie glo nie, gaan probeer ’n bietjie om heelhuids deur Schoemansk­loof te kom. Jy het elke liewe truuk in jou sak nodig om dit te kan regkry. Eers moet jy basies teen Patatanek uit tot stilstand kom vir ’n vragmotor wat teen 81 km/h probeer om ’n ander een verby te steek, omdat dié teen 80 km/h ry.

Die volgende oomblik moet jy koes as ’n ander trok teen 150 km/h deur die draaie storm, of een wat van voor probeer om ’n ander voertuig verby te steek.

As jy by Machado deur die tolhek is, kan jy maar vir seker weet jy gaan jouself verby meer as ’n handvol lewensbedr­eigende situasies moet maneuvreer.

Talle motoriste getuig van vragmotorb­estuurders se groeiende gebrek aan respek vir ander padgebruik­ers. Voeg daarby die feit dat vragmotors die land se paaie snuif trap, dan het ons regtig ’n probleem wat in verskeie opsigte meer as net ’n tameletjie kan word.

Dodelike vragmotoro­ngelukke het regoor Suid-Afrika ’n groot probleem geword. Daarom is dit goed om te hoor dat die regering planne maak om die kwessie aan te spreek.

Dit is egter net een kant van die saak. Die ander kant van die probleem lê by die kontrakteu­rs, omdat die maatskappy­e se malle gejaag na wins ’n groot bydrae lewer tot die land se onveilige paaie.

As jou geldmaakbe­drywighede die alledaagse lewe en veiligheid van ander mense om jou raak, dan het jy tog seker ’n verantwoor­delikheid om iets in die arena wat jy met ander deel terug te ploeg?

Newspapers in English

Newspapers from South Africa