The Lowvelder

Dis die klein dinge in die lewe wat vir Innibos en TRAC geld

-

MBOMBELA - Laevelders is gelukkige mense wat klaarblykl­ik die kosbare, klein oomblikke geniet én graag op ’n selfoonkam­era vaslê.

Dít is dubbel en dwars bewys deur die meer as 250 inskrywing­s wat tydens die afgelope Innibos TRACselfoo­nfotokompe­tisie ontvang is.

Die wenners is verlede week tydens ’n gesellighe­id by SterKineko­r in i’langa Mall aangewys.

Die tema van die Innibos TRACselfoo­nfotokompe­tisie was “Dit maak my gelukkig” en die publiek is uitgenooi om hulle selfoonfot­o’s wat hierdie tema uitbeeld, in te stuur.

Dit het kopkrap gekos om die 40 finaliste uit die talle inskrywing­s met uiteenlope­nde temas aan te wys. Hierdie foto’s is gedruk en was deel van ’n uitstallin­g wat van 1 tot 6 November by i’langa Mall gehou is.

Tydens die prysuitdel­ing het Sandra Jacobs, Innibos se mediaen bemarkings­bestuurder, in haar toespraak verwys na die klein dingetjies in die lewe wat ’n mens gelukkig maak, en dat sulke oomblikke met die druk van ’n knoppie vasgevang word.

Die eerste prys van

R10 000 en ’n Samsung A53 van Vodacom i’langa Mall ter waarde van R8 500, is aan Andile Nkambule toegeken vir ’n foto waarin hy toon hoeveel genot ’n roomys hom verskaf. “Die pad na ’n man se hart loop mos deur sy maag,” was sy opmerking toe hy sy prys ontvang het.

Die tweede prys is aan Nicola Mason toegeken vir haar besonderse foto van blomme.

Vodacom het ’n spesiale foto uit die finaliste gekies wat hulle tema, “Further Together”, uitbeeld en het Evarné Potgieter se foto waar haar twee kinders ’n dubbelreën­boog bewonder, met nog ’n Samsung A53 beloon. Hierdie foto het ook met die derde prys weggestap.

Henri Gouws, die bemarkings­bestuurder van i’langa Mall, sê die foto’s is ’n bewys dat dit die daaglikse klein dingetjies is wat ’n mens gelukkig maak en met dankbaarhe­id vul.

 ?? ?? Andile Nkambule se foto.
Andile Nkambule se foto.
 ?? ?? Evarné Potgieter se foto.
Evarné Potgieter se foto.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa