The Lowvelder

Dié storm kan Dirk nie keer

- Linzetta Calitz

WITRIVIER - Dirk van der Westhuizen het op ’n stormagtig­e Vrydagaand dié dorp behoorlik opgewarm.

Die Windpomp het hom op 4 November verwelkom, maar nie sonder uitdagings nie. Die restaurant het oomblikke voor die vertoning onder ’n vloed van stormwater deurgeloop, maar ná ’n geskarrel om die verhoog en klank vir die kunstenaar gereed te kry, was daar geen keer aan die partytjie nie.

Volgens die eienaar van Die Windpomp, Lewies Dippenaar, het diegene wat die vertoning bygewoon het, gesê Van der Westhuizen se optrede het beslis opgemaak vir die tyd wat hulle moes wag om hom te sien.

Hy was ook nie skugter vir sy aanhangers nie. Terwyl hy gewag het, het hy tussen hulle deurbeweeg en soos ou vriende met hulle gesels.

Selfs tydens sy optrede het hy telkens in die gehoor in beweeg en dáár in plaas van op die verhoog gesing - tot groot genot van sy aanhangers.

Michelle Beytel en Anika de Beer.

 ?? ?? Dirk van der Westhuizen.
Dirk van der Westhuizen.
 ?? ?? Elizma van Rooyen, Elmé Burger, Chané-Mari Breitenbac­h en Julia Bowyer.
Elizma van Rooyen, Elmé Burger, Chané-Mari Breitenbac­h en Julia Bowyer.
 ?? ?? Michelle en Roy Viljoen.
Michelle en Roy Viljoen.
 ?? ?? Albert en Marietjie Brits.
Albert en Marietjie Brits.
 ?? ?? Heinrich Pretorius en Katinka Schrader.
Heinrich Pretorius en Katinka Schrader.
 ?? ?? Stefanie Erasmus en Brian Campbell.
Stefanie Erasmus en Brian Campbell.
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa