The Lowvelder

Veelsydige kunstenaar bekoor sy gehoor met uithaler-vertoning

- Linzetta Calitz

WITRIVIER - “Lekker, Louis!”

Dít hoor Germandt Geldenhuys, of soos baie hom ken, Louis van Binnelande­rs, dikwels uit ’n gehoor wanneer hy êrens optree.

Dié akteur en sanger was op 5 November by Sip Coffee Café & Deli vir ’n laatoggend optrede. Hy vertel sy grootwordj­are was maar nie baie divers wat musiek betref nie - as ’n pastoor se seun is daar meestal gospelmusi­ek geluister en dié is soms met klassieke musiek afgewissel. Toe hy egter universite­it tref, het daar ’n ander wêreld vir hom oopgegaan.

So het hy die gehoor op ’n reis deur die eras geneem met die liedjies wat vir hom uitgestaan het. Daar was Queen, Frankie Valli and the Four Seasons, Creedence Clearwater Revival én Tina Turner, almal meesterlik vertolk.

Een van sy medeakteur­s op Binnelande­rs, Ben Kruger (wat die rol van Okkie Ferreira gespeel het), is in Mei 2021 oorlede - hy het ook staaltjies van hom gedeel asook sy gunsteling­liedjie, “Tennessee Whiskey”, gesing.

Geldenhuys het eenkeer die liedjie vir hom gesing, waarna Kruger vir hom ’n bottel van dié whiskey as geskenk gegee het. Hy en oom Ben, soos hy na hom verwys het, moes nog saam ’n glas van die einste whiskey geniet het, maar het nooit die kans gekry om dit te doen voor sy dood nie.

Verder het Geldenhuys selfs so ’n bietjie Italiaans by die oggend ingewerk, met die liedjie “La donna è mobile”.

Hy het die oggend afgesluit met Joshua na die Reën se “Lig op die horison”, wat hy sê vir hom hoop gee vir wat in 2023 voorlê.

 ?? ?? Germandt Geldenhuys.
Germandt Geldenhuys.
 ?? ?? Grace Jacobs en Eulalia Jordaan geniet die vertoning.
Grace Jacobs en Eulalia Jordaan geniet die vertoning.
 ?? ?? Grace Jacobs, Eulalia Jordaan en Anseri Boje.
Grace Jacobs, Eulalia Jordaan en Anseri Boje.
 ?? ?? Vicki Venter, Janine Cronjé en Ann Cross.
Vicki Venter, Janine Cronjé en Ann Cross.
 ?? ?? Germandt Geldenhuys en Lynn-Marie Nienaber, die eienaar van Sip Coffee Café & Deli.
Germandt Geldenhuys en Lynn-Marie Nienaber, die eienaar van Sip Coffee Café & Deli.
 ?? ?? Marianne en Andries van Wyk.
Marianne en Andries van Wyk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa