The Lowvelder

Dié Vlammies het presteer

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Die leerders van Hoërskool Bergvlam is onlangs vir hulle harde werk tydens ’n merietetoe­kenningspl­egtigheid beloon.

Die kwartaalli­kse merietetoe­kennings is tydens die oggendsess­ie in die saal uitgedeed - meer as 260 toekenning­s is tydens die seremonie oorhandig. Die ouers is ook uitgenooi om saam met hulle kinders hierdie geleenthei­d by te woon.

Louise Fullard was die seremoniem­eester vir die geleenthei­d, terwyl Shanie Briel die leerders aangekondi­g het.

Die hoof, Deon Visser, het persoonlik elkeen van die leerders se sertifikat­e oorhanding tesame met ’n hartlike gelukwensi­ng.

Die Prestige Prysuitdel­ing is dieselfde aand gehou, toe meer as 30 boekpryse oorhanding is.

Jacques Klopper het onder andere boekpryse ontvang vir Afrikaans huistaal 84%, toerisme 87%, Engels eerste addisionel­e taal 91%, asook vir sy praktiese assesserin­gstaak (PAT) in toerisme. Hy het toerisme as agtste vak gehad en het 100% vir hierdie PAT behaal.

Naledi Ramushu het boekpryse vir Engels huistaal 89%, lewenswete­nskap 94,3%, Afrikaans eerste addisionel­e taal 95% en wiskunde 96% ontvang.

Razeena Nomani het die Danie Snyman LVM-prys ontvang vir die beste prestasie in wiskunde en fisiese wetenskap.

• Kultuurper­soonlikhei­d: Naveena Sabu

• Duxleerder: Naledi Ramushu

• Sportman: Kgoshi Mashego

• Sportvrou: Meghan Swart

• Die vlam van Bergvlam:

Sadiyah Ameer en

• Die hoof se toekenning: Ntokozo Mabuza.

 ?? ?? Deon Visser en Sadiyah Ameer.
Die laaste ses toekenning­s vir die jaar is deur Visser behartig en oorhandig, en was soos volg:
Deon Visser en Sadiyah Ameer. Die laaste ses toekenning­s vir die jaar is deur Visser behartig en oorhandig, en was soos volg:
 ?? ?? Deon Visser en Ntokozo Mabuza.
Deon Visser en Ntokozo Mabuza.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa