The Lowvelder

Storm kniehalter nie gholfdag

-

> Foto: Linzetta Calitz

’n Laatmiddag Laevelddon­derstorm het ’n vroeë einde aan Vrydag se aksie by die Innibos Sunbake Gholfdag gemaak.

Ongeveer ’n halfuur nadat die storm losgebars het, het die sirene geloei en is die spelers die groen lig gegee om hulle laaste paar gate te voltooi.

Maar gesoute Laevelders weet, as die storm uit Barberton se rigting kom, kan jy maar vergeet! Hulle moes so gou soos wat hulle baan toe is, inderhaas klubhuis toe terugkeer, en net daarna het die hemele oopgemaak.

Dit het egter nie ’n demper op ’n ongeloofli­ke dag van kameraadsk­ap en pret vir al die deelnemers by Mbombela Gholfklub geplaas nie.

Dié gholfdag is ’n jaarlikse instelling wat met die hoofdoel om fondse vir die Innibos Meridian Karino Onderwystr­ust in te samel, aangebied word.

Hierdie trust is ongeveer vyf jaar gelede gestig om vir minderbevo­orregte leerders die geleenthei­d te gee om ’n goeie hoërskooll­oopbaan te kry, sê Sandra Jacobs, Innibos se media- en bemarkings­bestuurder.

“Ons betaal dus hulle skool- en koshuisgel­de, en ons het oor die afgelope vyf jaar al meer al 40 sulke jaarbeurse toegeken; dikwels aan dieselfde kind van gr. 8 tot 12.

“Hierdie kinders kry werklik ’n geleenthei­d wat hulle nie andersins sou gehad het nie.”

Sy verduideli­k dat die kinders uit huishoudin­gs kom waar die gesamentli­ke inkomste van beide ouers minder as R10 000 ’n maand is - dit is dus vir hulle onmoontlik > Foto: Linzetta Calitz om hierdie skool te bekostig.

“Ons is baie trots op hierdie projek, want ons het deur die jare al twee hoofseuns van die skool gehad, asook hierdie jaar vir Jetro Nkuna, wat as hoofseun van die koshuis aangewys is.

“Dit is ’n wondelike bewys dat hierdie kinders potensiaal en leierskap het, en dat dit waardevol was om deur hierdie projek in hulle te belê.”

Die geld wat tydens die gholfdag ingesamel is, asook fondse van ander skenkers, gaan ook volgende jaar vir ’n nuwe geletterdh­eidsopleid­ingsprogra­m wat Innibos beplan, ingespan word.

“Ons het ondervind dat baie van die kinders akademies sukkel

Duncan Morgan. omdat hulle nie 100% Engels magtig is nie. Vakke word in Engels aangebied, en daarom gaan ons nou vir ’n wyer groep leerders in 2023 Engels- en wiskundeoo­rbruggings aanbied.”

• Jacques du Preez en Carline Klopper het die eerste plek met 29 punte ingeneem. Piet Roux en Michelle Hugo was tweede met 28 en Alfred Mashego en Meshack Gumede derde met 27.

Gerhard van Jaarsveld.

 ?? ?? Uitslae (op nege gate) (beter-bal-Stableford):
Uitslae (op nege gate) (beter-bal-Stableford):
 ?? ??
 ?? ?? Anton Botha het gesorg vir die aand se vermaak.
Anton Botha het gesorg vir die aand se vermaak.
 ?? ?? Piet Roux, Michelle Hugo en Sandra Jacobs.
Piet Roux, Michelle Hugo en Sandra Jacobs.
 ?? ?? Arthur Moolman.
Arthur Moolman.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa