The Lowvelder

Huldeblyke stroom in na grubotsing

- Michelle Boshoff

LYDENBURG - ’n Grubotsing het Saterdag die lewe van ’n jong man geëis.

Die 30-jarige Chris Steenekamp het volgens ooggetuies glo met ’n Nissan Infiniti teen ’n boom gebots nadat hy beheer oor die motor verloor het.

Die botsing het omstreeks 08:00 op die Ohrigstad-pad (R36), sowat 5 km langs Impangeli Inn buite die dorp, plaasgevin­d.

Rodger Delport was net besig om die tekenbordj­ies uit te sit dat die ondernemin­g nou oop was om klante vir die dag te ontvang.

Die Infiniti het die boom getref. Die boom is ontwortel en met die impak het die motor op sy dak gerol.

Steenekamp was onderweg vanaf sy familiepla­as, naby die Spekboombr­ug, op pad na Lydenburg. Hy was in die motorwrak vasgekeer en is op impak dood.

“Netcare 911 was eerste op die toneel. Die Thaba Chweu Nooddienst­e, insleepdie­nste en ander noodwerker­s het almal binne minute van mekaar stilgehou. Ek en my man, Alwyn, asook ons personeel van Impangeli Inn, wil ons innige meegevoel aan die Steenekamp­familie betuig. Ons harte gaan na hulle uit,” het Linda Burger gesê.

Steenekamp het op Lydenburg grootgewor­d en was ’n leerder van Laeren Hoërskool Lydenburg.

Sy ouers, Hans en Karin, het die gemeenskap vir hul ongeloofli­ke ondersteun­ing na Chris se dood bedank.

’n Afskeidsdi­ens vind Saterdag om 11:00 in die Hervormde Kerk Lydenburg plaas.

 ?? ?? Die ontworteld­e boom met die Nissan Infiniti in die agtergrond.
Die ontworteld­e boom met die Nissan Infiniti in die agtergrond.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa