The Lowvelder

Burgerverk­ope van speelgroep­ie verloop seepglad

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Dit was op 4 November weer tyd vir die Bennie Boekwurm Speelgroep in Impalastra­at om burgers te verkoop.

Daar aangekom het die kopers bloot hul name op die bestellys laat afmerk, ’n U-draai in die cul-de-sac gaan maak, en hul burgers en koeldranke kom oplaai.

Eulalia Jordaan, die eienaar van die speelgroep, sê hulle het vanjaar ’n bietjie minder burgers as verlede jaar verkoop, maar die fantasties­e borge wat hulle gekry het, het daarvoor opgemaak.

Hulle het gemik vir 800 burgers, maar

650 verkoop. Vierhonder­d burgerpatt­ies en 300 broodrolle­tjies is geskenk.

“Ons gaan die geld gebruik om ’n afdak by die Kraaitjiek­las te bou, anders is hulle altyd in die reën; en dan miskien ook speelgoed as daar geld oorbly.”

Jordaan het die ouers bedank wat gehelp het om bestelling­s bymekaar te maak, asook haar raakvatter-juffroue wat gehelp het met die bou en uitdeel van die burgers.

Jaco Janse van Vuuren, Jacques-Daniël Burger en Lenie Richter het (met behulp van hul ouers, natuurlik) die pryse gekry vir die meeste burgers verkoop.

 ?? ?? Jaco Janse van Vuuren, Sion Middel, Anouk Rudolph, Jacques-Daniël Burger, Emory Jordaan, Lenie Richter en juf. Eulalia Jordaan.
Jaco Janse van Vuuren, Sion Middel, Anouk Rudolph, Jacques-Daniël Burger, Emory Jordaan, Lenie Richter en juf. Eulalia Jordaan.
 ?? ?? Marzaan Styger en Rochelle van der Merwe.
Marzaan Styger en Rochelle van der Merwe.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa