The Lowvelder

Die stand van meeste SuidAfrika­ners se geestesges­ondheid

-

Vier-en-vyftig persent van Suid-Afrikaners kan nie maandeliks met hul geld uitkom nie, en dit het ’n impak op hul geestesges­ondheid. Hierdie is onlangse statistiek van die Sanlam-veldtog Brief aan My pre-Covid-19-self wat deur Ova to You onder 1 200 Suid-Afrikaanse respondent­e gedoen is.

Covid-19 het sy tol onder die meeste, indien nie almal van ons nie, geëis, en het moontlik ook ’n impak op ons geestesges­ondheid gehad. Die opname het bevind dat die meeste mense gewens het hul prepandemi­e-self het meer gespaar.

Van die belangrike bevindings van die opname toon aan hoe Suid-Afrikaners tans voel in vergelykin­g met wat hulle wens hulle aan hul pre-pandemie-self kon geskryf het:

• Sewe-en-vyftig persent van respondent­e het gesê finansiële stres het die grootste impak op hul geestelike welsyn gehad.

• Jong mense tussen die ouderdomme van 18 en 24, veral vrouens, is die swaarste deur finansiële stres getref.

• Ouer mense was meer bekommerd oor die ekonomie en die stand van Suid-Afrika, en negatiewe nuus het ’n impak op hulle gehad.

• Verlies en smart het ’n impak op alle ouderdomme gehad. Vier-en-twintig persent van respondent­e het genoem dat verlies en smart ’n geestelike impak gehad het, en 22% het afsonderin­g en eensaamhei­d genoem.

• Kindersorg en gesinstres is die meeste deur vrouens gevoel en het ’n geestelike impak gehad. Twintig persent van manlike respondent­e tussen die ouderdomme van 25 en 39 het egter ook kindersorg en gesinsvera­ntwoordeli­khede as ’n faktor wat ’n geestelike impak gehad het, genoem.

Dit is duidelik dat finansiële stres ’n geestelike en fisieke impak op ons welsyn het. Gevolglik is dit belangrik om met ’n finansiële adviseur te gesels oor hulpmiddel­s om jou te help om ’n haalbare holistiese plan op te stel.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa