The Lowvelder

Griewe teen senior VF Plus-raadslid sloer ’n jaar

- Irma Green

MBOMBELA - Daar is huismoles in die provinsial­e VF Plus-geledere nadat verskeie griewe van personeell­ede wat oor ’n tydperk van ’n jaar teen Mbombela-raadslid Ken Robertson gemaak is, deur die partystruk­ture uitgerek, gesloer en steeds onafgehand­el is.

Een van die gegriefde werknemers het haar nou tot die howe vir remedie gewend, ’n tussentyds­e beskerming­sbevel teen Robertson bekom, en ook ’n kriminele klag gelê.

In Oktober 2021 is die eerste grief aan die party se hoof- uitvoerend­e beampte, Pieter de Necker, gestuur, waarvoor hy skriftelik ontvangs erken het. In die grief is verskeie klagtes op die tafel geplaas wat aantygings van kru taalgebrui­k in WhatsAppbo­odskappe insluit, en daar word ook verwys na juwele wat Robertson glo aan die werknemer gestuur het. Hieroor het ’n senior partylid selfs ’n verklaring afgelê om die werknemer se bewerings te staaf.

Aanvanklik het dit geblyk dat De Necker ernstig oor die klag is, en het hy haar versoek om bewyse oor haar klagtes te stuur. Intussen het hy die saak volgens hom na die party se arbeidwoor­dvoerder verwys, en dit het aan die lig gekom dat ’n tweede werknemer ook haar misnoeë oor Robertson se gedrag te kenne gegee het.

In November 2021 het die eersgenoem­de werkemer nog niks gehoor nie. Sy doen toe weer navraag by De Necker, wat haar na menslike hulpbronne verwys, en lig haar terselfder­tyd in dat die korrekte griewevorm nie in Oktober gebruik is nie. Sy volg dit op met ’n hersiene grief wat amptelik op 2 Desember 2021 ingedien word. Na gesprekvoe­ring dui De Necker volgens haar aan dat ‘n grief nie verligting gaan bring nie, want dit sou in ’n “he said, she said”situasie ontaard het. Volgens die VF Plus se nasionale verkiesing­shoof en woordvoerd­er, Wouter Wessels, het De Necker haar laat weet dat hy aan haar gesê het beide partye moet bewyse lewer eerder as wat dit so ’n situasie sou word.

Op 8 Desember besluit sy om die grief terug te trek, ook na bewering omdat senior partylede vir haar gesê het dis ’n “sensitiewe tyd” vir die party. Wessels beweer wel hy het haar aangeraai om ‘n grief in te dien ongeag die komende verkiesing.

De Necker se weergawe verskil hieroor in sy antwoorde op ’n navraag deur Laevelder, wat aan Wessels asook aan dr. Corné Mulder, die hoofsweep, gerig is. Wessels ontken aanvanklik eers dat De Necker die grief reeds in Oktober ontvang het, maar toe Laevelder hom daarop wys dat daar e-posbewyse hieroor is, sê hy in opvolgnavr­ae dat die grief aan ’n konsultant gestuur is om te hanteer. Oor die res van die grief se inhoud sê Wessels bloot dat hy nie die inhoud daarvan gaan beantwoord nie, omdat die grief teruggetre­k is.

Intussen word daar toe oorgeenkom dat Robertson hom uit die provinsial­e kantoor gaan hou en dat kommunikas­ie tussen hom en die personeel op skrif geskied. Dié plan werk nie, en vroeg in 2022 begin die onweerswol­ke weer in die VF Plus-geledere saampak, met drie werknemers wat klagtes teen Robertson indien. Die VF Plus beweer by monde van Wessels dat hy nie bewus van so ’n reëling is nie.

In Februarie kontak een van die klaers weer vir Wessels, en hy verwys haar na die menslikehu­lpbronafde­ling.

In Mei 2022 het almal genoeg gehad, en dien hulle amptelike griewe wat viktimiser­ing en boeliegedr­ag insluit, in. Aantygings word ook gemaak van onregverdi­ge werksverwa­nte versoeke buite werksure. Hieroor sê Wessels: “Die griewe van die werknemers het betrekking gehad op onder meer werksure, operasione­le

Aantygings word ook gemaak van onregverdi­ge werksverwa­nte versoeke buite werksure

Vervolg op bladsy 2

 ?? ?? Ken Robertson.
Ken Robertson.
 ?? > Foto: LinkedIn ?? Pieter de Necker.
> Foto: LinkedIn Pieter de Necker.
 ?? ?? Wouter Wessels.
Wouter Wessels.
 ?? ?? Corné Mulder.
Corné Mulder.
 ?? ?? Pieter Groenewald.
Pieter Groenewald.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa