The Lowvelder

Struweling­e in party woed nou

-

Vervolg vanaf bladsy 1

aangeleent­hede en werking met raadslede in die provinsie (dit was dus nie beperk tot mnr. Robertson nie).”

Wessels verduideli­k in sy navraag dat al drie vroue ingestem het tot ’n “informele proses” ingevolge die party se griewepros­edure. Terwyl die party beweer dat twee van die drie stelle klagtes informeel bygelê is, vertel die klaers ’n ander storie wat getuig van etlike hulpkrete wat nie met verligting begroet is nie.

Dokumentas­ie bewys dat die klagtes as ’n “primêre grieweonde­rsoek” hanteer is en dat ’n ondersoekv­ergadering, wat deur De Necker gelei is, in Junie gehou is. Hyself verwys daarna as ’n “ernstige grief”. Die vroue het almal hul griewe in ’n baie ernstige lig beskou.

Die eerste werknemer se klagte word nie deurgesien nie omdat dit glo te lank ná die gebeure op die tafel gesit is, terwyl die tweede werknemer, wat in Februarie 2022 by die party begin werk het, glo moet hoor dat haar klag ook nie geldig is nie omdat haar pligstaat nie afgehandel is nie en dat haar klagte dus nie opgeweeg kon word nie. Bewyse van hoe Robertson haar op WhatsApp vloek en kru taal gebruik, is na bewering nie aangespree­k nie, maar daar word wel ingestem dat haar pligstaat aan haar gegee sou word.

Wessels ontken egter by navraag dat sy geen pligstaat gehad het nie, en sê dit moes slegs gewysig geword het.

Die derde grief is deur dieselfde werknemer na die tafel gebring wat reeds in Oktober haar tot die senior partystruk­ture gewend het. Sy het ’n partyverte­enwoordige­r ter ondersteun­ing na die gesprekvoe­ring saamgeneem.

Nadat al die partye hul saak gestel het, is daar besluit om ’n afkoelperi­ode van ’n maand te neem sodat daar teen Junie besluit kon word op die pad vorentoe.

Die eerste opsomming wat De Necker ná die vergaderin­g saamgestel het, was volgens haar nie ’n getroue weergawe van gebeure nie, en sy het die klanklêer van die verrigting versoek.

Wessels sê daar was egter tegniese probleme om die klankopnam­e vir haar te gee, en alternatie­we hiervoor is aan haar gestel.

Maar De Necker se brief is wel aangepas, en hierin word dit duidelik gestel dat die grief nie afgehandel is nie.

Junie het gekom en gegaan, en navrae het op dowe ore geval. In Oktober doen sy weer ’n keer navraag oor die grief teen Robertson, waarvan die proses vyf maande vantevore begin het, en waarmee die party sy voete sleep.

Wessels sê: “Die uitkoms is onderteken en resolusies geïmplemen­teer. Die een werknemer het egter besluit om ná die sekondêre proses tot aksie oor te gaan omdat sy van mening was dat die resolusies nie al haar griewe voldoende opgelos het nie.” Maar hy antwoord nêrens of vyf maande ’n regverdige tydperk sou wees om te wag nie.

Intussen het sy genoeg gehad en bekom ’n interim-beskerming­sbevel teen Robertson, wat op 7 Desember vir bekragtigi­ng in die hof aangehoor sal word. Die kriminele klag is gelê en Laevelder het die saaknommer bekom.

Toe die VF Plus dus op 18 Oktober die hulpbronbe­stuurder vra om ‘n vergaderin­g te belê, sê Wessels: “Daar is ’n voorlopige beskerming­sbevel bekom wat die vergaderin­g onmoontlik gemaak het. Daarom is dit afgelas.” Laevelder se vraag of die party nou agter die sub judice-reël gaan skuil, is soos volg beantwoord: “Die uitkoms van die bevel en enige klagte wat ingevolge ons prosedure aanhangig gemaak word, sal verdere optrede bepaal.”

Die tweede werknemer het uiteindeli­k op 14 Oktober haar pligstaat ontvang, wat op 16 Oktober deur die party se dagbestuur goedgekeur is. Intussen is sy sonder ’n pligstaat amptelik geëvalueer, en die tweede keer binne ‘n maand is sy nadat sy haar pligstaat ontvang, weer geëvalueer.

Dis egter nie net in Mbombela waar die vure doodgeslaa­n moet word nie, en ’n ondersoek oor partyskenk­ings word tans in die Standerton-kiesafdeli­ng gedoen. Op ’n lys vrae hieroor sê Wessels net: “Die ondersoek word ingevolge die party se grondwet en tugregleme­nt hanteer, en word sodanig volgens die voorgeskre­we tydlyne besleg.”

Robertson is in die partynavra­e ingesluit en die geleenthei­d gegun om sy saak te stel. Hy het by monde van sy regsvertee­nwoordiger, Tersia Marshall, soos volg gereageer: “In politics, things are never as they seem.

Let’s wait for the court’s findings and then restructur­e the way to move forward. Politics can be dirty, some people are just more willing than others to prove it.”

‘Dis egter nie net in Mbombela waar die vure doodgeslaa­n moet word nie’

Newspapers in English

Newspapers from South Africa