The Lowvelder

Wees asseblief met hulle wat moet agterbly

-

’n Ruk gelede bel ek my ma, want ons het lanklaas gepraat. Nee, sê sy, dit gaan gesond en alles, sy kuier by oom Kobus en tannie Es op Laersdrift.

Net daar trek my hart hanslammer­tjietiet terug na my tweede komvandaan, terug na die ennemeltaf­el op die stoep waar stories in oupa Jaap se kop tougestaan het om deur die drukgang van sy mond te stap.

My oupa wat teetyd die voorwiel van ’n trekker kon vastrap terwyl hy sy tee met boerse sekerheid uit ’n piering opslurp en behaaglik oor die vrede van sy handewerk kon tuur; die grondboont­jiehoop, perskeboor­d, die skuur vol masjinerie en gereedskap en die beeste op kraal.

Ek gryp my kamera en ’n tandeborse­l nog voor die gedagte behoorlik ontkiem het.

Net voor die Modderspru­it-pad draai ek af na die plaashuis. ’n Groot, swaar veiligheid­shek stuit my tog.

Ek moet bel sodat hulle vir my kan oopmaak. Voorheen het die plaashek altyd uitnodigen­d oopgestaan. Maar vandag is daar sommer ’n tweede hek wat ook eers oopgesluit moet word.

Drie grysaards wag my in, agter slot en grendel, kameras die wêreld vol, want alles word gesteel. Daar is diefwering in elke opening. In die huis het oom Kobus slim planne gemaak om moontlike betreders te fnuik.

Weg is die vrede wat oupa Jaap geskep het, maar ons eet darem Blinkwater­slaghuis se lekker wors en pap en blatjang, ouma Ellen se resep, en tussen die herinnerin­ge deur vertel oom Kobus hoeveel duisende rand misdaad hom kos. Die bitter stol in my mond.

Hoe ontsnap ’n mens uit só ’n gevangenis, want grond hierlangs het nie meer waarde nie?

Maar sy tafelgebed raak my die meeste. Oom Kobus steek sy groot, sterk, verweerde hand uit as teken vir die dankseggin­g. Hy bid soos ’n boer, dankbaar, afhanklik en op die man af. Vanaand is daar egter een ekstra sin by: “En Here, wees asseblief met hulle wat môre op die pad moet gaan.”

Ek kon nie help om onwillekeu­rig by te voeg nie: “Nee, Here, wees asseblief met hulle wat hier moet agterbly.”

Vier boere is al tussen September en vandeeswee­k in Mpumalanga vermoor: dr. Jesse Henry Coleman van Delmas, Gideon Swart van Waterval-Boven, Etienne du Toit van Sterksprui­t en onlangs die bejaarde Hennie van der Walt van Delmas.

Dit wil my laat bid: “Here, wees asseblief met hulle wat agterbly op die plase van hierdie land.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa