The Lowvelder

Mbombela-skoonheid ’n finalis in Mrs Globe SA

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - As klein dogtertjie het sy op Sabie grootgewor­d, in 2017 is sy as

Mev. Mpumalanga gekroon, en vanjaar was sy ’n finalis in die Mrs Globe SAkompetis­ie.

Bianca Rennison (29) beskryf haarself as avontuurlu­stig. Sy geniet reis en ook tyd saam met haar gesin in die natuur. As sy naweke by die huis is, pak sy graag doen-dit-self-projekte aan om haarself besig te hou, wat ook aansluit by haar passie vir binnenshui­se versiering.

Tans is sy ’n voltydse uitvoerend­e assistent en het ook onlangs haar mikronaald­behandelin­g (microbladi­ng)sertifikaa­t voltooi.

Sy gesels met Laevelder oor haar onlangse Mrs Globe SA-reis; wat dit vir haar beteken het en wat sy daaruit geleer het.

Soos Mev. Mpumalanga, fokus hierdie kompetisie ook op vrouebemag­tiging en gemeenskap­sopheffing.

“My reis was absoluut fenomenaal gewees. Ek het so baie van myself geleer, op persoonlik­e en besigheids­vlak.”

Rennison is in September as ’n finalis gekies, waarna hulle bewusmakin­g gedoen het vir die B Loved Foundation wat vroue en kinders wat deur mensehande­l geraak is, help.

“As finalis moes ons ’n sekere bedrag insamel en 100% daarvan het aan dié liefdadigh­eidsorgani­sasie gegaan.”

Die finaal van Mrs Globe SA is op 12 November by The Maslow Hotel in Menlyn Maine gehou.

“Mrs Globe is sowaar ’n wonderlike platform waar ’n verskil gemaak word. Dit is ongeloofli­k om te sien dat ’n skoonheids­kompetisie teruggee.”

Rennison wys ook dat dit nie nodig is om te wen vir so ’n kompetisie om ’n impak op jou en ander se lewens te maak nie.

“Dit was ’n voorreg. Vir my het dit daaroor gegaan om ’n verskil te maak en ander te inspireer om net in hulself te glo. As vrouens is ons so geneig om onsself sleg te praat en te glo ons is nie goed genoeg nie. Ek het weer my passie in die lewe ondek en dit was wonderlik om myself van voor af te leer ken.”

Sy sê een les wat sy geleer het behels haar stem. “As ek ’n verskil wil sien of maak, het ek die stem en mag om dit te kan doen.”

En laastens, vir iemand wat dit al ooit oorweeg het om aan so ’n kompetisie deel te neem, maar eenvoudig nie die moed het nie, het sy die volgende woorde:

“Vat die kans. Dit gaan nie altyd oor jou uiterlike voorkoms nie - ware skoonheid kom van binne. Jy is goed genoeg om in te skryf, jy is waardig, en elke vrou moet haarself die kans gun om goed te voel oor haarself, om haarself te ondek en dit waarin sy glo te verkondig.

“’n Kroon definieer nie wie jy is nie. Jy dra ’n deurskynen­de kroon en jy moet elke dag ’n verskil maak in jou eie en die mense om jou se lewens.”

Rennison wys ook dat dit nie nodig is om te wen vir so ’n kompetisie om ’n impak op jou en ander se lewens te maak nie

 ?? ??
 ?? ?? Bianca Rennison, Melinda Cloete, Karen Marais, Savannah Nel en Keshia Nicole.
Bianca Rennison, Melinda Cloete, Karen Marais, Savannah Nel en Keshia Nicole.
 ?? ?? Bianca Rennison.
Bianca Rennison.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa