The Lowvelder

Trekking gehou vir Kerskoek uit boonste rakke

-

Die laaste Kerskoek van die befaamde Laeveldse tuisbakker, Jean Slingerlan­d, wat die afgelope maand ten bate van Huis Betlehem, ’n tehuis vir hawelose kinders, uitgeloot was, het toe niks minder as R20 000 ingesamel nie. Die projek is deur die Bateleurbr­ugklub onderneem, en ’n man wat net as Ferdie bekend is, het die welbeleë Kerskoek van by die 6 kg gewen. Ferdie het egter ’n rukkie later terugeskak­el en laat weet daar moet ’n ander plan met die koek gemaak word; nie hy of sy vrou eet vrugtekoek nie. Hier op die foto is Marie van Veijerin by dié wie die gedagte om ’n uitsoek-Kerskoek uit te loot, ontstaan het: Mariaan Lourens van Huis Betlehem, wat nou ’n ander plan met die koek sal maak, Jean Slingerlan­d, besig om die wenlootjie te trek, en Smé van Zyl, wat die bestanddel­e geborg het.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa