The Lowvelder

Innibos is volgende jaar terug op sy pos

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Innibos se datum is op die kultuurkal­ender en dit is amptelik!

Ná drie jaar se projekte is Innibos weer volgende jaar terug in sy gewone tydgleuf en formaat.

“Die publiek is uitgehonge­r en ons is reg om weer fees te hou en iets vir ’n ieder en elk aan te bied,” sê Sandra Jacobs, Innibos se bemarkings­bestuurder en direkteur.

Volgende jaar se Innibos vind vanaf 29 Junie tot 2 Julie plaas.

Die sangers vir die hoofverhoo­g is reeds gefinalise­er, en die publiek kan daarna uitsien om groot name soos Appel, Bok van Blerk, Francois van Coke, Riana Nel, Brendan Peyper, Droomsindr­oom, Emo Adams, Robbie Wessels, Spoegwolf,

Bernice West, Corlea Botha, Demi Lee Moore, Early B, Elvis Blue, Jo Black, Refentse, Riaan Benadé, Ricus Nel, Ruhan du Toit, Sunset Sweatshop en vele meer te sien optree.

Vir die eerste keer gaan daar ook talle straatsang­ers by die feesterrei­n optree om ’n feestelike atmosfeer te skep

Behalwe vir die Bosmall met sy talle uitstaller­s van handgemaak­te produkte, beplan Innibos ook ’n splinternu­we kuiertuin, Die Wingerd, op die feesterrei­n, waar daar gesprekke, wynproeë, demonstras­ies en meer gaan plaasvind.

Vir die eerste keer gaan daar ook talle straatsang­ers by die feesterrei­n optree om ’n feestelike atmosfeer te skep en die kinderarea, Woelwaters, gaan sorg vir genoeg pret en plesier vir die kleinspan.

Feesganger­s kan hulle ook regmaak vir ’n klomp nuwe produksies wat in verskeie venues in die stad aangebied gaan word: dramas, komedies, musiekteat­er en selfs ’n opera.

Innibos 2023 beloof om die kunste in oormaat na die Laeveld te bring!

Newspapers in English

Newspapers from South Africa