The Lowvelder

Seuns van Nelspruit Stoeiklub presteer by SA Jeug Stoeikampi­oenskappe

-

Vier lede van Nelspruit Stoeiklub het agt medaljes by die SA Jeug Stoeikampi­oenskappe gewen.

Hulle is by die Mpumalanga Stoeikampi­oenskappe, wat vroeër plaasgevin­d het, vir die Pumas-span gekies.

Die nasionale kampioensk­appe het vanaf 6 tot 8 Oktober by die Coertzenbu­rgsentrum in Stellenbos­ch plaasgevin­d.

Samuel Odendaal (15 jaar; onder

51 kg) het ’n silwer medalje in die GrieksRome­inse styl en ’n brons in vrystyl gewen.

Louis Odendaal (13 jaar; onder 34 kg) het ’n silwer medalje in die Grieks-Romeinse styl en ’n goud in vrystyl gewen.

Matthias Odendaal (11 jaar; onder 34 kg) het ’n brons medalje in vrystyl losgestoei.

Jaden Deysel (13 jaar) behaal ’n silwer in die glyskaalgr­oepe vir vrystyl, ’n goud in die Grieks-Romeinse styl en ’n goue medalje in vrystyl.

 ?? ?? Louis Odendaal (regs).
Louis Odendaal (regs).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa