The Lowvelder

Stories Innibos vanjaar vir hoërskooll­eerders

-

Ayesha Ebrahim en haar ouma, Aggie Zulu, by Lowveld High.

MBOMBELA - In 2014 het Innibos met die ondersteun­ing van die Hiemstra

Trust en die Departemen­t van Kultuur,

Sport en Ontspannin­g ’n besondere Stories Innibos gepublisee­r waarin verhale van laerskooll­eerders opgeneem is. Vanjaar het Innibos weer so gemaak, maar hierdie keer was dit hoërskooll­eerders wie se kortverhal­e opgeneem en gepublisee­r is. Dit is ’n projek deur tieners, vir tieners.

Vanjaar is dit deur die Hiemstra Trust, die Stigting vir Bemagtigin­g deur Afrikaans en Innibos befonds.

Innibos is ’n kunstefees wat hom ten doel stel om die kunste op alle vlakke te bevorder. ’n Deel hiervan is om in ons plaaslike gemeenskap­pe ’n bewustheid en liefde vir die kunste te kweek. Die geskrewe woord en die kreatiewe uitbeeldin­g van hierdie verhale vorm ’n belangrike deel hiervan. Die aanmoedigi­ng van lees onder die jeug sluit hierby aan.

Tien hoërskole in die omgewing het aan hierdie projek deelgeneem: Hoërskool Bergvlam, Valencia Combined, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Barberton, Hoërskool Rob Ferreira, Curro Nelspruit, Komatipoor­t Akademie, Curro Meridian en Hoërskool Lydenburg. Leerders vanaf gr. 10 tot 12 het deelgeneem.

Skole het hul beste verhale gekies en aan die Innibos-keurpaneel voorgelê, wat die beste verhaal uit elke skool gekies het.

Die volgende leerders was die wenners van die onderskeie skole en het elk prysgeld van R2 000 ontvang: Nokubonga Phakathi (Hoërskool Barberton), Megan van

Rooyen (Hoërskool Bergvlam), Gabrielle Underwood (Curro Nelspruit), Ezraite

Jamile (Curro Meridian Karino), SJ Botha (Komatipoor­t Akademie), Ayesha Ebrahim (Lowveld High), Abigajil Wilson (Hoërskool Lydenburg), Naomi Rousseau (Hoërskool Nelspruit), Amy van Deventer (Hoërskool Rob Ferreira) en Delight Endurance Mkabela (Valencia Combined).

Die leerders se wenverhale is in Afrikaans, siSwati en Engels vertaal en saam in ’n bundel gepublisee­r. Hierdie is ’n uitstekend­e manier vir die jeug om mekaar se kultuur en taal beter te leer verstaan. Die verhale is in boek- sowel as e-boekformaa­t gepublisee­r. Elke skool het ook ’n aantal van hierdie boeke ontvang wat hulle in die klas vir leeswerk kan gebruik.

“Hierdie is ’n pragtige boek met ’n verskeiden­heid uiteenlope­nde verhale. Innibos is baie trots op die eindproduk,” sê Philna Scholtz, wat die projek bestuur het.

 ?? ?? Jabu Madladla, Ezraite Jamile en Elani de Vrye by Curro Meridian Karino.
Jabu Madladla, Ezraite Jamile en Elani de Vrye by Curro Meridian Karino.
 ?? ?? Marietjie Viljoen en Silvia Sibiya van Curro Nelspruit.
Marietjie Viljoen en Silvia Sibiya van Curro Nelspruit.
 ?? ?? Deon Visser, Megan van Rooyen en Elsa van Zyl by Hoërskool Bergvlam.
Deon Visser, Megan van Rooyen en Elsa van Zyl by Hoërskool Bergvlam.
 ?? ?? Etzart en Naomi Rousseau en Trudi van Wyk by Hoërskool Nelspruit.
Etzart en Naomi Rousseau en Trudi van Wyk by Hoërskool Nelspruit.
 ?? ?? Delight Endurance Mkhabela en Carel le Roux by Valencia Combined.
Delight Endurance Mkhabela en Carel le Roux by Valencia Combined.
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa