The Lowvelder

Bemeester nuwe vaardighei­d by werkswinke­ls en maak self geskenke

-

Kom vier die aanvang van die

Kerstydper­k met ’n kreatiewe wegspring saam met Innibos en Nitali Re-Invented Decor.

Die Kersmark, wat Woensdag afgeskop het, word by Nitali in Silvastraa­t 8, Mbombela, gehou, en is weeksdae oop vanaf 08:00 tot 19:00, en 08:00 tot 14:00 die Saterdag.

Buiten Kersgesken­ke vir oud en jonk, is daar daagliks verskeie werkswinke­ls waar jy jou eie geskenke kan leer maak, of sommer net ’n interessan­te en nuwe vaardighei­d onder die knie kry. Sit so twee uur opsy vir elke werkswinke­l. Dit het reeds gister begin en word tot Saterdag aangebied.

Van hulle sluit in hout-Kersversie­rings met Thjoko-verf, ’n leergebond­e joernaal, polimeerkl­eiwerk, die maak van klei (lugdroog in plaas van bak) -plantbakke en skulpdekor. Die meeste van die werkswinke­ls sal ook deur die jongspan aangepak kan word.

Voorts gaan die spotprentk­unstenaar Wouter de Witt, oftewel Ghost, klasse aanbied en jou leer hoe om jou stokmannet­jie na ’n behoorlike spotprent te laat lyk.

Die fooie vir elke werkswinke­l wissel (en sluit materiaal in). Vir meer inligting en 'n volledige lys daarvan asook om daarvoor te bespreek, skakel Annelie by 082 958 3614.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa