The Lowvelder

Oudpolisie­beampte van werker se moord aangekla

- Buks Viljoen

EMGWENYA - ’n Voormalige polisieman sit agter tralies in die dorp se polisiekan­toor nadat hy na bewering ’n plaaswerke­r doodgeskie­t het.

Die 42-jarige Hendrik Johannes ‘Heini’ Visagie, wat die afgelope paar jaar as bestuurder op die plaas Skoonsprui­t naby die dorp werk, het glo op Saterdag 20 April na ’n gekuier saam met een van sy plaaswerke­rs, Woest Michael Nkosi, ’n bok op die plaas geskiet.

Volgens ’n voorvalver­slag wat deur sers. Mandla Nxumalo, die polisiewoo­rdvoerder op die dorp, saamgestel is, het die twee die karkas agterop Visagie se werksbakki­e gelaai en die vleis aan die familie van die 32-jarige Nkosi, wat daar naby in ’n stat woon, verkoop.

Hulle het die karkas glo vir R500 verkwansel.

Hulle het na bewering drank gekoop en is toe met die Komatimynp­ad terug na die plaas toe.

Nkosi is nooit weer lewend gesien nie.

Volgens die polisie het Nkosi se familie na hom begin soek, maar kon geen spoor van hom kry nie.

Twee dae later het sy ma, Martha Duduzile Sithole, hom by die polisie op die dorp as vermis aangemeld.

’n Grootskaal­se soektog is op

Skoonsprui­t van stapel gestuur, maar sonder sukses.

Op 25 April het Visagie glo die polisie gekontak en homself aan hulle oorhandig. Hy het glo ook ’n bekentenis voor ’n senior offisier afgelê en Nkosi se lyk gaan uitwys waar dit in digte bosse versteek was.

Hy het ook twee jaggewere, ’n 303 en ’n .22 met ’n knaldemper, gaan uitwys waar hy dit glo tussen rotse gaan versteek het.

Die staat gaan probeer bewys dat Visagie en Nkosi op die nag van 20 April om die een of ander rede in ’n konflik betrokke was, waarna Nkosi by sy huis op die plaas doodgeskie­t is. Visagie, die pa van drie minderjari­ge kinders, is daarna glo na sy eie huis toe.

Die polisie ondersoek ook bewerings dat Visagie op 21 April terug na Nkosi se woonplek is waar hy glo die lyk agterop sy bakkie gelaai het en dit in die bosse gaan versteek het.

Hy het Maandag vlugtig in die hof op klagtes van moord en regsveryde­ling verskyn.

Nxumalo sê Visagie se saak is tot 8 Mei vir verdere ondersoek en ’n aansoek van die verdagte vir regshulp uitgestel.

 ?? ?? Hendrik Johannes ‘Heini’ Visagie.
Hendrik Johannes ‘Heini’ Visagie.
 ?? > Foto’s: Verskaf/Mpumalanga SAPD ?? Die jaggewere wat tussen rotse weggesteek was.
> Foto’s: Verskaf/Mpumalanga SAPD Die jaggewere wat tussen rotse weggesteek was.
 ?? ?? Woest Michael Nkosi.
Woest Michael Nkosi.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa