The Lowvelder

Nellie Leeus maak hul stemme dik by die Wildeklawe­r

-

Laerskool Nelspruit se Nellie

Leeus- eerste rugbyspan het onlangs aan die Absa Wildeklawe­r Laerskole Rugbytoern­ooi deelgeneem, waar die Leeus hulle meer as goed van hul taak gekwyt het met twee uit drie oorwinning­s.

Daar word gesê dat die toekoms aan diegene behoort wat geleenthed­e aangryp en vaardighed­e ontwikkel. Die Wildeklawe­r doen dít presies. Die Nellie Leeus is die enigste span uit Mpumalanga wat in 2024 uitgenooi is om vanaf 24 tot 27 April in Kimberley deel te neem.

Slegs 24 top laerskole van regoor Suid-Afrika is uitgenooi om aan dié gesogte toernooi deel te neem. Die toer het sedert sy ontstaan in 2009 van krag tot krag gegaan en word nou as die top laerskoler­ugbytoer in Suid-Afrika beskou.

Dit is ’n eksklusiew­e toernooi waar daar geleenthed­e vir spelers en afrigters tegelyk geskep word. Skolesport in SuidAfrika word so ook daardeur bevorder, en spelers kry die geleenthei­d om te wys waarvan hulle gemaak is.

Die Nellie Leeus het hulle uitstekend van hul taak tydens die Wildeklawe­r gekwyt, met twee oorwinning­s uit hul drie wedstryde. Hulle wen dag een teen Worcester Primêr en dag twee teen die hoog aangeskrew­e Eikestad van Stellenbos­ch, en dan op die derde dag klop die Kobus Wiese XV Tal (die span wat na afloop van die Kobus Wiese Rugbytoern­ooi te Paarl uit 14 skole gekies is) die Nellies.

Die Nellie Leeus het die geleenthei­d baie geniet, goeie harde rugby gespeel en baie geleer. Graag maak die seuns en afrigters van die geleenthei­d gebruik om die ouers en borge te bedank vir die positiewe ondersteun­ing en bydraes wat gelewer is om so ’n besonderse toernooi te kon bywoon.

“Groot dank aan die Nelspruitg­emeenskap vir julle ondersteun­ing. Dankie, dankie,” het die span se afrigter, Adè Adendorff, gesê. “Die Nellie Leeus sien daarna uit om in 2025 weer by die toernooi te kan optree.”

Die Nellie Leeus se eerste rugbyspan het bestaan uit:

Heinke Coeleman, Caiden Heunies,

Roel Winterbach, Nicolas Houy, Janco Wendelstad­t, Schalk Venter, Hylgard Lourens, Milan Bekker, Ruben du Toit, Dandre Louw, Kyle van Rooyen, Malan de Klerk, Liam Classen, Tiano Laufs, Morné van Wyk, James Freeman, Alrich Hyman, Regardt Barnard, Kian van Rooyen, Charlie Kraftt, Eric Vos en Ihvan Pretorius.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa