The Lowvelder

Johnny Reynders se dood laat ’n groot leemte op museumdorp­ie

- Marius Bakkes

PELGRIMSRU­S - Die dood van die legendarie­se storievert­eller, kenner van die Laeveld en kroegbaas van die dorp, Johnny Reynders, laat ’n groot leemte in sy gemeenskap.

Vir jare bekend as die nieampteli­ke burgemeest­er van dié kleurvolle museumdorp­ie, het hy hom deurlopend > Foto: Verskaf vir die goed van die dorpie en sy sakegemeen­skap bemoei.

Reynders, ’n landmeter van beroep, het in die Laeveld beland met die bou van die nuwe toeristepa­d vanaf Graskop na die besienswaa­rdighede van die Oostelike platorand, hier in die vroeë jare 70. Met die voltooiing van die projek het hy in die Laeveld agtergebly en hom vir jare op ’n paar dorpe in die omgewing in die slaghuisbe­dryf bevind.

Hy het net mooi 30 jaar gelede die gewilde The Vine-restaurant en -kroeg op Pelgrimsru­s geopen. Dis ook hier waar sy 80ste verjaardag vroeër vanjaar gevier is.

The Vine het gou die hartjie van Pelgrimsru­s geword, waar besoekers van elders en uit die buiteland met die mense uit die omgewing kon skouers skuur en tuis voel.

Hulde uit talle oorde stroom al sedert die naweek in toe Reynders binne ’n maand nadat ’n aggressiew­e longkanker by hom gediagnose­er is, dood is. Sy vrou, René, ’n museum- en geskiedkun­dige wat hy op Pelgrimsru­s ontmoet het, was die laaste dae langs sy bed toe hy Vrydag in die Nelspruit Mediclinic dood is. Hy en René het ’n seun, JT, wat voortaan sy pa se skoene sal volstaan.

Die familie sal binnekort ’n datum bekendmaak vir ’n viering van Johnny se lewe. Die familie uit die buiteland is nog op pad. Die geleenthei­d sal binne die volgende naweek of twee hier op sy geliefde Pelgrimsru­s gehou word.

 ?? ?? Johnny Reynders.
Johnny Reynders.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa