The Lowvelder

Innibos verken die klassieke in die Krugerwild­tuin

-

Die Innibos Kunstefees en die Ereveldwag­ters van SANParke se Laeveldstr­eek bied vir die tweede jaar gesamentli­k ’n klassieke musiekkons­ert aan om fondse vir natuurbewa­ring in die wildtuin in te samel. Die konsert Classics in the Wild word op Vrydag en Saterdag, 7 en 8 Junie, by die Mdluli Safari Lodge naby die Numbi-hek gehou. Verlede jaar is kaartjies vir die optrede van die Schonnbrün­n-ensemble in Skukuza blitsig opgeraap en kon ’n stewige geldelike bydrae tot die ereveldwag­ters se fondse vir bewaringsw­erk in die Krugerwild­tuin gemaak word.

Vanjaar tree die Apple Green Orkes onder leiding van Tim Roberts op. Roberts is direkteur van die Johannesbu­rg Bach-koor, ’n bekende dirigent, die artistieke direkteur van die St Francis Musiekfees wat jaarliks in Parktown, Johannesbu­rg, gehou word en lid van die Phoenix Ensemble onder leiding van Richard Cock. Cock is medesamest­eller van die program in die wildtuin.

Sinesipho Mnyango, ’n jong sopraan wat besig is om opgang te maak en ook reeds saam met Cock opgetree het, is die solis. Werke van Strauss, Mozart, Bach, Puccini en Brahms is op die musiekspys­kaart, asook dié van moderne komponiste Elton John, Gershwin en selfs Abba.

“Dit is vir Innibos heerlik om betrokke by dié fondsinsam­eling te wees en met die beplanning by te staan. Die Krugerwild­tuin is werklik ’n toeristeme­kka, maar die belangriks­te is die bewaringsw­erk wat nie altyd aan die groot klok gehang word nie en waartoe die Laeveld-streek se ereveldwag­ters ’n reusebydra­e lewer,” sê Sandra Jacobs, die media- en bemarkings­bestuurder van Innibos.

Graeme Cole, die streekshoo­f van FNB se kommersiël­e bankwese, sê as hoofborg van die konsert is dit vir die bank belangrik om aktief betrokke by omgewingsb­ewaring te wees en die vrywillige werk van die ereveldwag­ters te ondersteun.

Malalane Ford, wat ook aan van die borge van die konsert is, is eweneens trots om deel van hierdie inisiatief te wees.

Kaartjies kos R1 150 per persoon en sluit ’n verwelkomi­ngsdrankie en peuselhapp­ies in. Daar is ook ’n kontantkro­eg. ’n Pendeldien­s is vanuit Mbombela teen R150 per persoon beskikbaar, en is gratis van Skukuza en Pretoriusk­op na Mdluli Safari Lodge. Konsertgan­gers wat in die Krugerwild­tuin slaap sal nie van hul eie vervoer gebruik kan maak nie. Akkommodas­ie is beskikbaar in onder meer Skukuza, Pretoriusk­op, Nkambeni Safari Lodge en verskeie lodges omliggend aan die Kruger. Inwoners van Mbombela en Witrivier kan natuurlik van die pendeldien­s gebruik maak.

Kaartjies is by Quicket beskikbaar.

 ?? ?? Tim Roberts.
Tim Roberts.
 ?? ?? Sinesipho Mnyango.
Sinesipho Mnyango.
 ?? ?? Die gehoor tydens die eerste Classics in the Wild-konsert wat in 2023 gehou is. > Foto’s: Verskaf/Annemarie van der Walt
Die gehoor tydens die eerste Classics in the Wild-konsert wat in 2023 gehou is. > Foto’s: Verskaf/Annemarie van der Walt

Newspapers in English

Newspapers from South Africa