The Lowvelder

Genres: ’n Fees van kleur en talent in Nellies-revue

-

MBOMBELA - Hoërskool Nelspruit se 2024-revue sal vir ’n lang tyd onthou word vir sy unieke keurspel, kleurvolle uitrusting­s en pragtige danse.

Dit was ’n ware skouspel wat weer in die NHS-skoolsaal plaasgevin­d het, met sewe uitverkoop­te vertonings tussen 29 April en 5 Mei. Hierdie jaar het die skou 62 dansers en 16 soliste gehad wat 32 liedjies met oorgawe gesing het.

Die musiekstuk­ke het ’n wye verskeiden­heid genres ingesluit, van Broadway en country tot oldschool pop, nuwe pop en gospel.

Een van die hoogtepunt­e van die skou was die uitvoering van bekende Afrikaanse treffers soos “Ek skyn (heilig)” deur Marnieke Pretorius, “Breyten se brief” deur

Reuben van der Linde, “Mis eet slaap herhaal” deur Chrismari Britz, en “Rig jou oë na die berge” deur Menzi Shiba en Edu van Staden. Hierdie treffers het die gehoor meegevoer en die konsertgan­gers het uitgebars met applous.

’n Stukkie unieke drama, getiteld Genres in al hul glorie, is op die planke gebring met ’n kort vertoning deur

Schalk Grobbelaar, Rohann Schultz, Clarissa Botha, Marné Pretorius en Anika van Staden. Hierdie talentvoll­e span het die gehoor laat skaterlag.

Een van die mees opvallende aspekte van die revue was die verbystere­nde talent van die leerders van gr. 8 tot

12. Hulle het bewys dat ouderdom geen verskoning vir kreatiwite­it en uitnemendh­eid is nie. Dit was ’n skou vol glans en skouspel, waartydens die leerders hul talente vol trots tentoonges­tel het.

Die 2024 Revue sal vir almal wat dit bygewoon het ’n onvergeetl­ike ervaring bly.

 ?? ?? Le Roux Evans.
Le Roux Evans.
 ?? ?? Nina Prinsloo.
Nina Prinsloo.
 ?? > Foto’s: Verskaf/ Hoërskool Nelspruit ?? Luhan van Wyk.
> Foto’s: Verskaf/ Hoërskool Nelspruit Luhan van Wyk.
 ?? ?? Marnieke Pretorius.
Marnieke Pretorius.
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa