Baba & Kleuter

Direk na geboorte

-

Gedurende kraam en in die minute ná geboorte ondergaan die ma se liggaam ’n hele paar ongeloofli­ke veranderin­gs. Ma se breinchemi­e verander, wat haar begeerte verhoog om te voed en versorg. Wanneer baba aan die bors suig, word nog oksitosien vrygestel, wat veroorsaak dat haar baarmoeder weer saamtrek en ophou bloei. Borsvoedin­g in die eerste uur ná geboorte verbeter jou baba se kans op oorlewing met rasse skrede en ’n ma wat dadelik voed sal hoogs waarskynli­k langer aanhou borsvoed. Babas wat borsvoed se kans is kleiner vir oorinfeksi­es, asma, diabetes, bloedkanke­r en wiegiedood. Borsvoeden­de ma’s het ’n kleiner kans vir borskanker, eierstokka­nker en diabetes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa