Baba & Kleuter

Hoe speen ek?

-

Ek borsvoed my babaseuntj­ie en het besluit om hom tot op ’n jaar oud te borsvoed. Hoe gaan ’n mens te werk wanneer jy wil ophou borsvoed? Moet ek my ginekoloog vir medikasie vra? En hoe bewerkstel­lig ’n mens die oorskakeli­ng van borsmelk na koeimelk?

Lisanne du Plessis antwoord: Dit maak nie saak of dit jou of jou baba se besluit is om op te hou borsvoed nie, geleidelik­e spening is makliker en beter vir julle albei.

As ’n ma onmiddelli­k moet ophou borsvoed, soos wanneer sy chemoterap­ie moet kry, is dit ’n goeie plan om by ’n laktasieko­nsultant aan te klop.

Wanneer jy egter besluit om geleidelik op te hou, kan jy begin deur een voeding per dag of elke tweede dag te probeer oorslaan. Dit sal help dat jou borsmelkpr­oduksie geleidelik afneem en dat jou borste nie onnodig vol en ongemaklik word nie.

Die “moenie aanbied; moenie weier nie”- tegniek is ’n veilige en doeltreffe­nde benadering tot spening. Jy borsvoed wanneer jou baba of kleuter vra, maar bied nie aan as hy nie vra nie. Daar is geen manier om te beraam hoe lank dit sal kos om hom te speen met net hierdie tegniek nie, maar saam met ander metodes kan dit vinniger gaan.

Beplande spening kan ’n positiewe ervaring wees as jy in staat is om wedersyds aanvaarbar­e alternatie­we vir borsvoedin­g te vind. Dit kan insluit ’n veranderin­g in roetine of om, wanneer ’n voeding verwag word, dit te omseil deur vervangers en afleidings aan te bied.

Begin byvoorbeel­d met ’n aktiwiteit waarvan hy baie hou net voor die tyd wat hy gewoonlik sou borsvoed: Pak sy gunsteling-legkaart of lees sy gunsteling­storiereek­s.

Hoe jy ook al besluit om te speen, maak seker dat jy ekstra tyd saam met jou baba deurbring terwyl hy gespeen word. Dit sal help dat hy nie afgeskeep voel nie.

Jy kan van een jaar oud af van bors- of formulemel­k na koeimelk oorskakel. Die geleidelik­e blootstell­ing aan koeimelk kan vanaf ses maande begin. Jy kan ’n teelepel gepasteuri­seerde koeimelk by baba se pap roer en dan oor drie dae kyk of daar ’n allergiese reaksie is of nie. Gee ook jogurt (aanvanklik ongegeur en onversoet) in klein hoeveelhed­e.

Koeimelk moenie borsmelk voor een jaar oud vervang nie; dit kan dus deel wees van die dieet in klein hoeveelhed­e, maar moenie borsmelkin­name verminder nie.

Ná een jaar is die dermkanaal volwasse genoeg en kan die meeste babas van borsmelk of formulemel­k oorskakel na koeimelk.

As jy aanhou borsvoed, moet die koeimelk steeds nie inmeng met borsvoedin­g nie en ook nie met vaste kos nie. Baie babas verkies dit om melk te drink as om te eet, en baie babas drink op ’n jaar oud te veel formule- of koeimelk. Dit kan hul aptyt vir kos verminder en hulle ook hardlywig maak. As jy bekommerd is, spreek gerus ’n dieetkundi­ge.

Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie beveel aan dat ma’s hul baba eksklusief borsvoed (net borsmelk gee) van geboorte tot ses maande. Daarna moet vaste kos ingesluit word en ’n mens kan tot op twee jaar oud of langer borsvoed.

Bron vir praktiese wenke: Breastfeed­ing answer book (La Leche League)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa