Baba & Kleuter

Vang Kersgees

-

● Koop of maak ’n spesiale Adventkale­nder. Soek op Pinterest na “Advent Calendar”. Daar’s baie mooi idees. ● Bak saam Kerskoekie­s. Beproef ’n maklike soetkoekie­resep en gee vir jou kind allerlei versiering­s om dit mooi te maak. ● Koop blinkertji­es en gekleurde karton en maak jul eie versiering­s vir die Kersboom. Kersbome het deur die jare baie meer onpersoonl­ik geword en monochroom versiering­s is baie gewild. Tog is daar iets aan ’n boom met spesiale versiering­s soos ’n skewe tuisgemaak­te ster wat die hart roer. ● Mense pos nie eintlik meer Kerskaartj­ies nie en dis ’n jammerte. Stel jou kind aan die mooi tradisie bekend deur saam kaartjies te maak en dit te pos of in bure of vriende se posbusse te gaan gooi. ● Een van die belangriks­te briewe wat julle ook in hierdie tyd kan pos, is om saam een vir Kersvader te skryf, saam ’n seël daarvoor te koop en dit te pos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa