Baba & Kleuter

Het jy lus v ir enigiets spesif ieks?

-

besluit om te wag tot ons die geslag weet sodat ons net na een kant toe hoef te stry. Toe ons uitvind dis ’n meisie, was daar een naam wat vir ons albei mooi is en wat net reg voel: Gemma.

Ek het met groot opgewonden­heid daarna uitgesien om haar vir die eerste keer te voel beweeg. Artikels en ander vroue het my vertel om borrelagti­ge of vlindervle­rkiebewegi­ngs te verwag. Die eerste ruk hét dit soos borrels gevoel. Ek het nogal gewonder of die sensasie nie dalk vanaf my maag eerder as my baarmoeder kom nie. Namate die dae verloop het, het ek definitief bewus geraak van haar bewegings. Een aand het ons rustig op die bank gesit toe sy baie beslis van haar teenwoordi­gheid laat weet het, in so ’n mate dat haar pappa dit ook kon voel. Dit was heerlik om die intieme oomblik met hom te kon deel.

Ek geniet dit so om fisiek van haar bewus te wees. Die sensasies is toe glad nie so vreemd soos ek voor die swangerska­p gedink het dit sou wees nie. Dit laat my weer eens besef watter voorreg dit is om hierdie deel van God se skepping te kan ervaar.

Ek is presies 20 weke, halfpad deur my swangerska­p, en sussa word reeds baie deur die familie bederf. Ek sien uit na die tweede helfte saam met jou, liewe Gemma Carr! Ek wag nou al 20 weke vir ’n kossmagtin­g. Nog niks! Ek kry lus vir spesifieke kosse, maar dis dieselfde soort kos waarvoor ek voor die swangerska­p ook sou lus kry. Daar’s geen vreemde kombinasie­s of dringendhe­id wat dit as ’n smagting kan klassifise­er nie. Ek wil so graag my man op ’n onmoontlik­e uur winkel toe stuur met ’n baie spesifieke versoek, want ek weet ek sal net nou daarmee kan wegkom …

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa