Baba & Kleuter

Dít laat die rooi ligte f likker

-

Talle paartjies se sekslewe verval in ’n groef, sê Elmari. “Woensdae en Saterdae is tyd vir seks en dan is dit stap een, twee, drie en die gewone roetine.”

Seks word maklik voorspelba­ar, oninteress­ant en net nog iets wat afgehandel moet word. Maar jy kan vir die res van jou lewe ’n vervullend­e en opwindende sekslewe met een mens hê, sê Elmari.

“Al wat nodig is, is tyd, energie en ’n vasbeslote­nheid om dinge vars en interessan­t te hou. Laat jul romanse lewe deur kersligete­s, klein geskenkies, onverwagte oproepe, liefdesbri­ewe en aanhoudend­e nieseksuel­e fisieke kontak.

“Jou maat (en natuurlik jy ook) wil voel dat jy hom of haar onvoorwaar­delik liefhet, dat jy hom waardeer en dat jy hom na waarde skat. Begin dus sommer vandag om elke dag iets spesiaals vir mekaar te doen.” Marelize sê die volgende is ’n goeie aanduiding van ’n verhouding wat ontspoor: ● Paartjies lei parallelle lewens en doen min dinge saam. ● Hulle is emosioneel verwyder en praat net oor die kinders of reëlings. ● Daar is min of geen aanraking en/of seks nie. ● Hulle gaan nie meer dieselfde tyd slaap nie. ● Daar is nie meer rituele soos soengroet in die oggend en aand nie. ● Rituele soos saam eet of saam koffie of tee drink word verwaarloo­s. ● Daar is nie meer pret in die verhouding nie. ● Die verhouding karring net aan en niemand doen meer moeite om aandag daaraan te gee nie.

 ??  ?? Ons seks is altyd dieselfde
Ons seks is altyd dieselfde

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa