Baba & Kleuter

As koliek jou onderkry …

-

Net so moeilik as wat koliek vir jou baba is, so uitmergele­nd is dit vir jou – veral as jy ander kinders ook het om na om te sien, as jy pas terug is by die werk, of as jy aan nageboorte­like depressie ly. Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen om van die stres uit koliektye te haal: ● Weet dat jou baba in sy koliektyd sal huil en dat, terwyl jy dinge kan doen om hom gemakliker te maak, daar niks is wat jy kan doen om hom heeltemal te laat ophou huil nie. Die koliek is nie as gevolg van enigiets wat jy doen of nie doen nie. ● Beplan uitstappie­s vir tye van die dag wanneer jou baba gewoonlik gelukkig is. As uitstappie­s hom gelukkig maak, beplan dit vir koliektye. ● Gebruik iemand anders se aanbod om ’n bietjie na jou baba om te sien, selfs al is dit net sodat jy ’n stil bad of stort kan geniet. Herinner jou gedurig daaraan dat dit tydelik is en dat koliek sal verbygaan. ● Moenie die heeltyd doenlysies opstel en uitvoer nie; doen net wat belangrik is. ● Praat met ander ouers wat ook koliekbaba­s het sodat julle idees kan uitruil en mekaar kan troos. ● As jy die huilery nie meer kan verduur nie en kwaad of angstig raak, sit jou baba in sy wiegie of gee hom vir iemand anders om vas te hou sodat jy hom nie per abuis skud of seermaak nie. ’n Baba wat geskud word, kan permanente breinskade opdoen. As jy blind van woede word – en koliek kan dit aan jou doen – sit jou baba liefs neer. ● Besef dat babas geen langtermyn­skade van koliek oorhou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa