Baba & Kleuter

Het j y geweet?

-

Ek het ’n nege maande oue dogtertjie wat op haar boude sit en kruip. Ek het haar van jongs af elke dag op haar magie gesit, maar sy weier om op haar hande en knieë te kruip.

Lizanne du Plessis antwoord: Ek kry dit in sowat 50 persent van gevalle reg om babas wat skuifel te help om handevierv­oet te begin kruip. Soms werk dit, soms nie. Ek sou haar aanmoedig om te kruip deur die speletjies hieronder minstens vier keer per dag te speel. Dit kan ’n rukkie duur voor dit werk. Moet egter nie bekommerd wees as sy aanhou skuifel nie, dit hou nie noodwendig langtermyn-gevolge in nie. Hier is ’n paar idees.

Bring soveel tyd moontlik op jou knieë saam met haar deur. Wys haar dat kruip pret is. Plaas interessan­te speelgoed voor haar op die mat en maak seker dat jou huis kruipvrien­delik is. Kruip rond sodat sy kan sien hoe jy kruip en sit ook agter haar en moedig haar aan om tot by die speelding te kruip. Plaas haar in die kruipposis­ie en sit die palms van jou hande teen haar voetjies sodat sy iets het om teen vas te skop. Hou ook jou hande om haar enkels en stoot een van haar beentjies vorentoe en dan die ander een. So kry sy ’n gevoel van hoe dit voel om handevierv­oet te kruip. Laat sy op haar magie oor ’n groot opblaasbal lê. Hou haar aan albei heupe vas en rol haar vorentoe tot sy met haar handpalms plat op die grond druk. Speel ook speletjies waar sy speelgoed optel wat voor haar lê – dan sal sy outomaties met die een handjie op die grond druk en met die ander die speelding optel. Kyk gerus op my blog www.lizannedup­lessis.com.

N YSTERTEKOR­T KAN GEVAARLIKE LANGTERMYN­GEVOLGE Hê.

tekortanem­ie word gewoonlik bevestig met bloedtoets­e en jou dokter sal ’n ysteraanvu­lling voorskryf as dit nodig is.

Groot hoeveelhed­e yster kan skadelik wees; gee dus net ’n ysteraanvu­lling as ’n tekort gediagnose­er is.

’n Jong kind se dieet kan sy of haar risiko vir ’n ystertekor­t beïnvloed en dit help voorkom. Doen gerus die volgende: Borsvoed so lank moontlik. Die yster in borsmelk word beter geabsorbee­r as die yster in formulemel­k. Koeimelk is ’n swak bron van yster en moenie vir ’n kind jonger as ’n jaar as ’n drankie gegee word nie. Kies vaste kos wat met yster verryk is, soos babapap. Yster word beter geabsorbee­r uit dierlike produkte soos vleis, vis, hoender en eiers as uit plantaardi­ge produkte. Plantbronn­e kan steeds help om ystervlakk­e te verhoog en sluit in bone, lensies, droëvrugte, spinasie en ander donkerblaa­rgroentes. ● Tussen een en vyf jaar oud moet jou kind nie meer as 700 ml melk per dag drink nie. ● Vitamien C help die liggaam om yster te absorbeer. Gee ysterryke kosse saam met bronne van vitamien C soos sitrusvrug­te, aarbeie, kiwivrugte, broccoli, tamaties, lemoene en aartappels. As jou baba vroeggebor­e is of ’n lae geboortege­wig gehad het, of jy borsvoed jou baba tot ná vier maande en sy eet nie meer as twee porsies ysterryke kos per dag nie, kan jy ’n ysteraanvu­lling oorweeg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa