Baba & Kleuter

Leeu Mamma, daar’s ’n in my kas!

- DEUR Shanda Luyt

Jou japsnoet se vrese lyk dalk vir jou verspot, maar dis baie belangrik dat jy dit reg hanteer.

Estie* is histeries bang vir honde. Eintlik sommer vir alle diere – veral wilde diere. Sy is bang hulle kom by haar huis in. As haar gesin iewers heen gaan is haar eerste vraag of daar bobbejane of ape gaan wees. Of dalk seekoeie of bye. Snags hardloop sy bang-bang in die gang af, want iets jaag haar. Die ironie is dat haar ouers glad nie weet waar haar vreeslike vrees vandaan kom nie.

Vir ’n volwassene kan Estie se vrese irrasionee­l en onsinnig lyk – ons weet immers die waarskynli­kheid dat ’n wilde dier haar in die stad kan aanval is omtrent nul – maar vir Estie is haar vrese baie werklik.

Waarom ’n bibberbroe­k?

Soms is die oorsprong van kinders se vrese duidelik: ’n Kwaai hond het iemand naby hom gebyt of ’n televisiep­rogram het ’n vreesaanja­ende situasie uitgebeeld. Ander kere is die oorsaak minder ooglopend.

Erika Nell, ’n kliniese sielkundig­e van Pretoria-Oos, verduideli­k dat baie kindervres­e daaraan te wyte is dat ’n kind se brein nog nie gevorderd genoeg is om logies uit te werk dat daar byvoorbeel­d niks is om in die donker voor bang te wees nie.

“Kinders se verbale vermoëns het ook nog nie so goed ontwikkel soos volwassene­s s’n nie. As volwassene­s kan ons oor ons vrese praat en dit so verwerk. Kinders kan nie op dieselfde manier daardeur werk nie en is baie sensitief vir suggestie omdat hul verbeeldin­gswêreld vir hulle baie werklik is. Hulle is dus besonder vatbaar vir vrese, ook onrealisti­ese vrese.”

Peutervres­e is gewoonlik ’n reaksie op die een of ander prikkel, sê dr. Hannie Schoeman, direkteur van die Sentrum vir Spelterapi­e en Opleiding in Gansbaai in die Wes-Kaap.

”Kinders is nie dom nie. Hulle hoor partykeer volwassene­s praat of sien iets op TV, of ouers lees hardop koerant sonder om die volle situasie vir die kind te interprete­er. Dié inligting is nie noodwendig vir volwassene­s angswekken­d nie, maar lei tot ’n intense vrees by kinders as hul verbeeldin­g dit laat handuit ruk.”

Hannie sê kinders met ’n ryk verbeeldin­g sit verskillen­de stukkies inligting bymekaar sodat dit vir hulle sin maak, want hulle wil verstaan wat hulle beleef en sien.

”Hul ervaringsw­êreld is nog nie groot of intens genoeg ontwikkel dat hulle rasionele gevolgtrek­kings kan maak nie en hulle ontwikkel dan ’n vrees. As daardie vrees nie behoorlik hanteer word nie, kan dit vir hulle ál intenser word tot hulle later glo dis die werklikhei­d.

“Dit gaan nie daaroor of dit wat hulle vrees regtig bestaan nie: As jou kind dit beleef, is dit vir hom ’n probleem of versperrin­g wat hy te bowe moet kom.”

Ouers se vrese speel ook ’n belangrike rol in kinders se vrese, sê Hannie.

”Kinders hou hul ouers se gesig dop. As ma haar wenkbroue lig of hy hoor in haar stem dat sy bang is, reageer hy op wat hy sien. Dit kan sy vrese vererger.

“Party ouers gebruik vrees ongelukkig ook as ’n wapen om hul kinders te beheer en sê dinge soos ’jy mag nie daar gaan speel nie, want jy gaan gesteel word’. Dis ’n verskrikli­ke manier om jou kind af te skrik as jy nie wil hê hy moet iets doen nie.”

Hannie sê party kinders is meer vatbaar vir vrese as ander.

”Elke kind se unieke samestelli­ng speel ’n rol,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa