Baba & Kleuter

Motiveer jou kind só

-

Deesdae dink ouers dikwels dat hulle hul kinders elke oomblik van die dag moet vermaak. Jou kind verwag vanselfspr­ekend baie aandag, en jou peuter se oormaat energie en kort aandagspan laat jou dalk dink dat volgehoue stimulasie noodsaakli­k is.

As jy jou kind egter aanmoedig om alleen te speel, ontwikkel hy belangrike vaardighed­e soos verbeeldin­g, onafhankli­kheid en kreatiwite­it. ’n Kind wat alleen leer speel, sal waarskynli­k die soort mens word wat tevrede is met sy eie geselskap en wat regdeur sy lewe met nuwe en oorspronkl­ike idees vorendag sal kom.

Alleenspel leer jou kind ook om kalm en gefokus te wees, vaardighed­e wat belangrik gaan wees wanneer hy die dag skool toe gaan.

Jy kan jou kind al van ses maande af leer om alleen en sonder volwasse betrokkenh­eid te speel. Ratels en speelringe kan jou baba ’n hele rukkie besig hou terwyl jy ’n koppie tee geniet.

Onder een jaar

Los jou baba in sy speelhok of op sy speelmatji­e. Gee hom speelgoed waaraan hy kan raak en wat hy kan ondersoek, selfs met sy mond. Ratels, tanderinge en sagte speelgoed werk goed.

As jou baba al kruip, is dit ’n goeie idee om ’n kindervrie­ndelike kamer met ’n hekkie te kies. Laat hom los om te verken. Gee hom speelgoed en laat hom ’n rukkie daarmee speel.

As jy ’n veilige omgewing verskaf met speelgoed wat vir sy ouderdom geskik is, sal hy heel tevrede besig bly.

 ??  ?? Begin deur saam te speel en geesdrifti­g te maak of jy ook speel. Laat jou kind ’n paar minute alleen en kom terug. Herhaal dié oefening, maar bly geleidelik langer weg sodat hy langer alleen is. ● As dit lyk of hy bang word om alleen te wees, sê...
Begin deur saam te speel en geesdrifti­g te maak of jy ook speel. Laat jou kind ’n paar minute alleen en kom terug. Herhaal dié oefening, maar bly geleidelik langer weg sodat hy langer alleen is. ● As dit lyk of hy bang word om alleen te wees, sê...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa