Baba & Kleuter

Kan HY al engels PRAAT

- Deur Louïne van der Vyver

Wanneer is dit die beste tyd om jou kind ’n tweede taal te leer?

In ’n land soos Suid-Afrika is meertaligh­eid nie ’n luukse nie, maar ’n moet. Waarom? Want taalpatron­e het in ons moderne tyd so verander dat ons nou verskillen­de tale nodig het om te kommunikee­r eerder as net een taal, sê prof. Susan Coetzee-van Rooy van die Noordwes-Universite­it se skool vir tale.

Ons praat byvoorbeel­d met ons ouers Afrikaans, met ons vriende Engels of Afrikaans en met die petroljogg­ie of kassier Engels of Sotho. Taal in die werkplek is merendeels Engels. As Afrikaanse kinders die werkplek dus suksesvol wil binnegaan, is goeie Engels onontbeerl­ik.

Wanneer is dan die beste ouder- dom waarop jou kind ’n nuwe taal kan begin leer?

Daar is twee maniere om ’n tweede taal te verwerf: gelyke tweetaligh­eid of opeenvolge­nde tweetaligh­eid, skryf die Nederlands­e spraakpato­loog Sieneke Goorhuis op die webtuiste wij-leren.nl.

Gelyke tweetaligh­eid vind plaas wanneer ’n kind onder sewe jaar twee moedertale gelyktydig aanleer. Dit gebeur spontaan en nie formeel nie. So ’n kind bou van die begin af twee taalstelse­ls op.

Opeenvolge­nde tweetaligh­eid geskied wanneer ’n tweede taal van omtrent 10 jaar oud af geleer word (soms ’n bietjie vroeër en soms later). Dié soort taalverwer­wing is gegrond op die proses van vertaling uit die moedertaal.

Kundiges stem nie saam oor watter soort tweetaligh­eid die beste vir jou kind is nie. Die een kamp sê gelyktydig­e tweetaligh­eid kan suksesvol gevestig word sonder dat die probleme skep. Die ander kamp waarsku dat kinders wat ’n tweede taal te vroeg leer, hul tale deurmekaar­kry en sê dis beter om een moedertaal eers goed te vestig voor ’n tweede bygevoeg word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa