Baba & Kleuter

JOU SOSIALE vlinder

- Deur DANIELLA DE WITT

Een dag is jou kind nog pure baba en die volgende dag ontluik sy tot ’n selfstandi­ge, eiewyse wesentjie wat presies weet wat sy wil hê.

Dit gebeur veral tussen vyf en ses jaar oud. Op daardie ouderdom ontwikkel kinders baie vinnig en dié jaar – gewoonlik die jaar wanneer hulle in graad R beland – is baie belangrik, sê kenners.

Hulle kan soms sukkel om by hierdie nuwe fase aan te pas, sê dr. Arina Lanser, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Strubensva­llei in Johannesbu­rg. As gevolg daarvan kan hulle inkonsekwe­nt en besluitelo­os wees en selfs gedragsuit­erstes toon. Dit maak hulle wisselvall­ige en onvoorspel­bare speelmaats.

“Dis in dié tyd dat ’n groepsbewu­ssyn ontwaak en wedywering op die voorgrond tree,” sê Arina. “Daar’s veral twee belangrike sielkundig­e veranderin­ge: Hulle begin hulle van hul ouers losmaak en begin die gevoel van aanvaardin­g deur hul portuurgro­ep ervaar.”

Graad R-kleuters se sosiale vaardighed­e het baie met hul maats te doen, maar hul verhouding met volwassene­s verander ook, sê sy.

Verhouding met maats

● Op dié ouderdom kan jou kind al met maatjies praat oor dinge wat pla sonder om hulle seer te maak of te boelie. ● Sy verwar soms nog honger met hartseer en dit kan haar sosiale gedrag beïnvloed. ● Sy word mededeelsa­am, behulpsaam

en bereid om haar beurt af te wag. ● Sy is gesteld op haar regte en erken ander se regte, en hou byvoorbeel­d by die reëls van speletjies. ● Sy neem deel aan groepsakti­witeite. ● Sy kan opregte vriendskap­pe smee. ● Sy kan “nee” sê, selfs vir haar beste of

enigste maats.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa