Baba & Kleuter

GROEI, BABA, GROEI

-

Wil jou baba skielik heeldag op die bors wees? Dan beleef hy waarskynli­k ’n groeiversn­elling.

Julle het in ’n lekker roetine gehad waar jy elke vier uur geborsvoed het, maar deesdae voel dit of jy skaars jou hemp toegeknoop het, of boetie soek weer bors. Dis of hy net nie genoeg kry nie. Die kans is ook goed dat sy slaappatro­on deurmekaar­gekrap is.

Die oorsaak is waarskynli­k een van daardie eienaardig­e fases van jou baba se ontwikkeli­ng: groeiversn­elling.

Anders as wat die naam sê, groei jou baba nie noodwendig vinniger in dié tyd nie. Hy sit ook nie noodwendig meer gewig aan nie.

Maar sy behoefte aan melk neem drasties toe en hy is baie hongerder as voorheen. Dis die gevolg van ekstra hormone wat in dié fase deur die pituïtêre klier geprodusee­r word.

Om meer melk te kry, sal hy meer gereeld begin voed. Hoe meer gereeld hy voed, hoe meer neem jou melkvoorra­ad toe, en so los baba sy probleem eintlik self op – dis nou as jy saamspeel en hom op aanvraag laat drink.

Ná ’n ruk sal jul normale voedingspa­troon weer gevestig word, maar jy maak nou meer melk, al weet jy dit nie.

Wat om te verwag

Jou baba beleef in die eerste jaar ’n hele paar snelgroei-fases waarin hy hongerder gaan wees en meer melk wil hê.

Dié tye kan vir jou frustreren­d wees, maar troos jou daaraan dat dit gewoonlik net ’n paar dae duur. As jou baba voorheen goed geëet en geslaap het, kan jy verwag dat dié patroon versteur sal word tydens ’n groeiversn­elling. Jou baba kan ook meer knieserig wees as gewoonlik.

SÓ HERKEN JY DIT ● Jou baba vra drie tot vier keer

binne ses uur vir die bors. ● ’n Bottelbaba drink sy bottel leeg en lyk binne ’n uur of hy nog wil hê. ● Sy gewone drieuurlik­se of vieruur

likse skedule is daarmee heen. ● Hy slaap skielik snags slegter en is

weer honger in die nag. ● Sy dagslapies word ook kortgeknip

en hy lyk honger.

Wees paraat

Jy kan die eerste groeiversn­elling in die eerste twee of drie dae ná geboorte te wagte wees. Dit gebeur om die oorgang van kolostrum na gewone borsmelk aan te moedig.

Die volgende versnellin­g vind gewoonlik teen twee of drie weke oud plaas, dan weer op ses weke, drie maande, ses maande en soms weer op nege maande. (Dis net riglyne en verskil van baba tot baba.)

Oorleef en gedy

Voed op aanvraag, want dis hoe jou borsmelk sal toeneem.

As jy bekommerd is oor jou melkvoorra­ad, drink self meer – tot 3 liter per dag. Eet gesond en rus, en oorweeg ’n vitamienaa­nvulling. Beproef gerus ons resep vir laktasieko­ekies op bl. 69.

Moenie jou baba se voedings aanvul met formulemel­k nie – dit sal veroorsaak dat jy self minder melk maak, en gou is daar ’n bose kringloop waar jy ál minder melk maak en ál meer bottel gee. As jy regtig te min melk het, sal jou baba droë doeke hê.

’n Groeiversn­elling duur tipies 48 uur. Bel die dokter as jy dink dit hou te lank aan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa