Baba & Kleuter

Graan vir kleingoed

-

Jy weet nou witbrood moet weg, maar wat van jou sagte bababondel­tjie? Mag sy aan ’n witbroodji­e en vingerkoek­ie knibbel? Babas behoort van die eerste happies af ook hierdie gesonde grane te eet: volkoringp­asta, volkoringb­rood of saadbrood, semelvlokk­ies en later ook bruinrys en gort. Gee dit in klein hoeveelhed­e sodat sy gewoond kan raak aan die smaak en tekstuur daarvan.

Navorsing wys ook dat ons nie moet wag voor ons grane wat gluten bevat gee nie. Babas wat gluten vir die eerste keer ná sewe maande inkry het ’n groter kans om seliakiesi­ekte of gluten-onverdraag­saamheid te ontwikkel. Gluten mag ook nie voor drie maande gegee word nie, maar babas behoort in elk geval nie so vroeg al te eet nie.

Eksklusiew­e borsvoedin­g vir minstens vier maande en borsvoedin­g terwyl gluten ingesluit word as jou baba op ongeveer ses maande begin eet, kan help dat jou kleinding hierdie lewenslang­e siekte vryspring. Klein lyfies wat baie beweeg kan nie sonder grane klaarkom nie. Ontbytgraa­nkos, brood (of dit nou van koring, rog of mielies gemaak is) en pasta of rys is ’n belangrike deel van jou kleinding se kos. Volgraan, lae GI, onverwerk en sonder bygevoegde suiker geld egter vir klein en groot. Maak energiesta­fies van semelvlokk­ies en bou kastele met volkoring-koeskoes. Maak gort saam met maalvleis en vervang tot die helfte van die meel in muffins, beskuit en koekies met bruinbrood­meel, gerolde hawermout of hawersemel­s.

Springmiel­ies sonder olie, botter of sout en ook droë semelvlokk­ies of -stokkies pas lekker in ’n kleuterkos­blik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa