Baba & Kleuter

Eet sō glutenvry

-

Hoewel hawer self nie gluten bevat nie, kom dit tydens berging en verwerking in aanraking met gort en koring en daarom is hawer nie glutenvry nie. Gelukkig is daar heelwat grane beskikbaar wat nie gluten bevat nie. Mielies, rys, quinoa, giersgras, sorghum en al die vorme waarin dit voorkom help dat glutenvry nie vervelig hoef te wees nie. Daar is heelwat kits-ontbytpapp­e wat koringvry is maar ongelukkig is net ProNutro en Future Life glutenvry. Mieliepap en Maltabella is ook glutenvry. Glutenvrye brood wat gemaak word van ’n verskeiden­heid soorte glutenvrye meel soos sojameel, aartappelm­eel, amandelmee­l, rysmeel en mieliemeel of mielieblom is in winkels te koop of kan self gebak word. Glutenvrye grane wat tydens hoofmaalty­e gebruik kan word is bruinrys, mielierys, stampmieli­es, polenta, giersgras, quinoa en ander stysels soos aartappel en patats.

 ??  ?? Mielies is ’n uitstekend­e alternatie­f vir mense wat sensitief vir koring of gluten is.
Mielies is ’n uitstekend­e alternatie­f vir mense wat sensitief vir koring of gluten is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa