Baba & Kleuter

EMOSIES vorm die kind

Die stormagtig­e peuterfase die ideale tyd om aan jou kleinding se emosionele intelligen­sie te bou.

- DEUR SHANDA LUYT

Nou jil sy van suiwer plesier, en enkele minute later huil sy verwoed omdat sy nie haar sin kan kry nie ... Die peuterjare is byna soos mini-tienerjare: Jou japsnoet se emosies ry wipplank en tussendeur is daar gereelde uitbarstin­gs. Die groot verskil is dat jou peuter nog nie haar emosies kan verwoord nie, terwyl die meeste tieners nie juis op hul mond geval is nie.

Tog is dit uiters belangrik om nou reeds aandag aan jou kleinding se emosionele ontwikkeli­ng te gee, beklemtoon dr. Julie Cilliers, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Bloemfonte­in wat in emosionele intelligen­sie spesialise­er.

”Jy moet jou kleinding nou al begin leer hoe om haar emosies te hanteer, want ’n tiener wat vloerstuip­e kry is nie meer snaaks of oulik nie! Peuters kan wel snaaks of oulik lyk as hulle kwaad word, maar dis hul ouers se verantwoor­delikheid om die snaaksheid slim te hanteer deur die peuter bewus te maak van wat sy alles voel en hoe dit hanteer kan word. Lag liewer later alleen.”

Die goeie nuus, sê sy, is dat emosionele intelligen­sie – iets wat sy glo tot 80 persent van ’n mens se lewensukse­s kan bydra – aangeleer kan word. ”Dit beteken dat party nie met baie en ander met min gebore word nie. Almal kan emosioneel intelligen­t wees.”

Wat is EI?

Die woord emosionele intelligen­sie word deesdae baie rondgegooi, maar wat beteken dit presies? Dr. Ronél le Roux, medeskrywe­r van Emosionele­intelligen­sievirkind­ersentiene­rs:’npraktiese gidsviroue­rsenonderw­ysers (Human & Rousseau, 2003) beskryf dit as die vermoë om jou eie gedagtes en gevoelens te identifise­er, te verstaan en te beheer en dit gepas aan ander mense te kommunikee­r. Dis ook die vermoë om empatie te hê met ander mense se emosies, wat jou weer in staat stel om op ’n emosionele vlak met hulle ’n verhouding te hê.

Julie gebruik die Amerikaans­e sielkundig­e Daniel Goleman se model om emosionele intelligen­sie te verduideli­k. Volgens hom sluit emosionele intelligen­sie die volgende in: OPTIMISME Dit verwys na jou peuter se vermoë om te vertrou dat alles met hom goed sal gaan en dat jy vir hom sal sorg. IMPULSBEHE­ER Dit behels dat jou peuter moet leer om sy behoeftebe­vrediging uit te stel en is een van die moeilikste vaardighed­e om baas te raak. Hoewel impulsbehe­er deel uitmaak van emosionele intelligen­sie, is peuters te klein om dit werklik suksesvol toe te pas. Jou peuter het nie noodwendig die vermoë om sy honger of dors te gaan bêre nie! Jy kan wel daaraan begin werk, byvoorbeel­d deur jou peuter ’n minuut te laat wag tot jy boetie se doek geruil het voor hy kan koeldrank kry. EMOSIONELE HERKENNING EN BEHEER Jou kind moet leer om sy emosies te herken (ek is nou kwaad) en hoe om dit te hanteer (daarom moet ek nou gaan trampolien spring dat die kwaadmanne­tjies kan uitkom). Dit help soms as jou kind sy emosies kan visualisee­r en so hanteer. EMPATIE Dit behels die vermoë om jou in iemand anders se skoene te plaas. Dit is ook betreklik moeilik vir ’n peuter om baas te raak. INTERPERSO­ONLIKE VAARDIGHED­E Dit gaan oor hoe om ’n goeie maatjie te wees. Omdat jou peuter nog egosentrie­s is, ontwikkel hierdie faset eers later werklik. Peuters speel nog langs mekaar en nie met mekaar nie, en op hierdie ouderdom behels dit dus basies net om nie die maatjie langs hom te klap, byt of skop nie!

Klein begin is half gewin

Jy kan jou baba se emosionele intelligen­sie van dag een af al begin bou, reken Ronél.

“Elke keer as jou baba huil en jy aandag gee aan haar behoeftes, versterk jy haar gevoel dat jy empatie met haar het en vir haar omgee. Empatie is een van die heel belangriks­te vaardighed­e wat jy jou kind kan leer.”

Ronél sê die idee dat jy ’n baba kan bederf deur haar op te tel as sy huil is uitgedien en deur ’n baba alleen in haar kamer te laat huil, leer jy haar dat koestering ’n skaars item is. “Liefde kan nie ’n baba bederf nie.”

Die peuterjare is die ideale tyd om op hierdie basis van emosionele intelligen­sie voort te bou, want kinders is dan meer ontvanklik vir leer en ervaar ook allerhande wisselende emosies, sê Ronél.

“Die eienaarska­p van ’n gevoel is een van die eerste vaardighed­e wat ’n kind moet leer, byvoorbeel­d: ‘Ek word kwaad’ pleks van ‘Jy maak my kwaad’. Dit is hoe kinders kan leer om nie almal en alles rondom hulle vir hul gevoelens te blameer nie.”

Julie beaam dat die peutertyd besonder belangrik is vir emosionele ontwikkeli­ng.

“As ’n kind se behoeftes in die eerste lewensjaar vervul is, het sy hoop ontwikkel en as peuter is sy dus reeds in staat om mense te vertrou.

“In die tweede lewensjaar moet sy wilskrag ontwikkel en op twee gaan sy die behoefte hê om self te probeer om dinge te doen.

“Dis belangrik dat jy jou kinders dan toelaat om hul onafhankli­kheid uit te oefen, byvoorbeel­d deur self ’n trui aan te trek, al duur dit langer. As sy sukkel, moet jy die mislukking op ’n simpatieke manier hanteer sodat jou kind se selfvertro­ue nie geskaad word nie en sy so wilskrag opbou.”

EI vir die peutertyd

Benut die unieke eienskappe van die peuterjare om jou kleinding se emosionele intelligen­sie te ontwikkel. Koester ook realisties­e verwagting­e oor die vlak van emosionele intelligen­sie wat jy op dié ouderdom kan verwag.

“Die peuterjare is die begin, en eintlik moet jy dus geen verwagting­e hê nie. Jy moet net weet waarheen jy met jou kind op pad is,” sê Julie. Hier is ’n paar wenke:

Peuters ervaar sterk emosies Julie sê peuters het reeds emosionele beleweniss­e en word kwaad en hartseer, soos ’n mens kan sien wanneer hulle vloerstuip­e het. Jy kan jou kind in hierdie stadium al begin bewus maak van haar emosionele beleweniss­e deur te sê: “Ek sien jy is bang. Kom sit styf teen my.” of “Ek sien jy is kwaad. Gaan spring op en af.’”

Peuters is nuuskierig Dis een van die hoofeiensk­appe van ’n peuter en kan positief aangewend word omdat hulle graag meer oor hulself en ander wil leer, sê Julie.

Kyk saam TV en praat oor die karakters se emosies en of hulle reg of verkeerd optree. Wys uit wanneer hulle reg of verkeerd optree, soos om te sê: “Daardie seun voel kwaad. Hy moet eerder gaan water drink voor hy so kwaad wil motor bestuur!” So word die televisie as leerskool ingespan.

Peuters hou van herhaling Blaai saam met jou kind deur boeke of tydskrifte en gesels oor hoe die mense daarin voel en wat ’n mens behoort te doen as jy so voel, sê Julie.

Hou jou kleinding daarvan om dieselfde storie oor en oor te hoor? Benut dit gerus om begrip vir haar verskillen­de emosies vas te lê en die gepaste manier om daardie gevoelens te hanteer.

Peuters hou van beweeg Leer jou kind om beweging in te span om haar emosies

positief te hanteer. Laat haar spring as sy kwaad is of wieg as sy hartseer voel.

Peuters hou van kuns en handwerk Laat jou kleinding verf hoe sy voel eerder as dat sy daaroor praat, sê Julie.

As die prentjie geverf is, vra: “Vertel my van jou prentjie.” (Moenie vra wat sy geteken het nie; dit sal haar selfvertro­ue skaad!)

Moedig haar aan om met klei te bou as sy vir iets of iemand kwaad is. Gesels daaroor en dan kan sy daardie kleivoorwe­rp in klein stukkies breek. Dit is wonderlike emosionele ontlading.

Peuters hou van laf wees Dit is vir kinders lekker en snaaks as mamma of pappa gesigte trek, benut dit dus om jou kind te help om die verskillen­de emosies te herken. Sê “kom ons lyk kwaai”, “kom ons lyk gelukkig” of “kom ons kyk wie die kwaadste kan lyk”.

Jou kind sal aanvanklik na jou gesig kyk en dis dus belangrik dat mamma saamspeel.

Peuters is egosentrie­s Dit kos werklik baie tyd om hulle empatie te leer. Begin deur vir jou kind te sê “watter plan gaan ons maak?” Kinders hou van hierdie woorde. Sê: “Hierdie maatjie in die storie het geval en sy knie bloei. Watter plan kan ons maak om hom te help beter voel?’”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa