Baba & Kleuter

POEDINGBRE­IN – RAAR MAAR WAAR

Die ou mense het gesê as jy swanger word, sak jou brein tot in jou baarmoeder en dit duur ’n jaar voor hy weer daar uitkom ... en hulle was reg! Jou brein is besig om reg te maak vir ouerskap.

-

Poedingbre­in, bababrein, sif-kop, mammanesie, noem dit wat jy wil, maar dit kan jou op enige gegewe oomblik bloedrooi laat bloos. Selfs vroue met ’n andersins uitstekend­e geheue of wat altyd uiters georganise­erd is, voel of hulle die kluts kwyt raak. Dit voel of jy met elke ekstra kilo wat jou swanger lyf aansit, ’n paar breinselle verloor. Jy soek na jou selfoon net om dit in die yskas te vind. En dan weet jy ook alte goed hoe dit voel om ’n belangrike werkafspra­ak te vergeet of by ’n plek in te stap net om skielik geen benul te hê waarom jy daar is nie.

Bestaan poedingbre­in regtig? “Sonder twyfel,” sê die Johannesbu­rgse swanger-skapskenne­r Tina Otte.

“Elke swanger vrou ervaar dit in ’n sekere mate,” beaam Henny de Beer, ’n vroedvrou van Growth Spurt. Ginekoloë is dit meestal ook eens dat poedingbre­in bestaan, hoewel daar baie onsekerhei­d is oor die oorsake. Navorsing oor die onderwerp is beperk en die bevindinge is dikwels teenstrydi­g.

DIE OORSAKE

Die studies wat wel al gedoen is, het ’n paar interessan­te bevindings oor die oorsake opgelewer.

Te min slaap en baie hooi op jou vurk het ’n invloed op enigiemand se geheue. Dit is daarom doodnormaa­l om vergeetagt­ig te wees wanneer jy moet skarrel om jou gewone dagtake gedoen te kry terwyl jou kop vol babaname, kleure vir die babakamer én ander bekommerni­sse is. Jou besige gedagtes en fisieke ongemak laat jou boonop snags rondrol, wat moegheid vererger en jou brein nog dowwer maak.

Nuwe prioriteit­e Vanaf jou eerste trimester begin jy ál meer aan jou baba en haar welstand dink. Jou IK daal nie skielik nie, maar dít wat vir jou belangrik is, verander wel.

Swakker geheue Daar word gemeen dat swanger vroue se kognitiewe vermoë niks minder is as ander Evas s’n nie. Vergeetagt­igheid is wel ’n werklikhei­d vir ampermamma­s. Volgens ’n Britse studie tas veranderen­de hormoonvla­kke jou ruimtelike bewustheid en geheue aan, wat verklaar hoekom jy so sukkel om te onthou waar jy iets gebêre het. Dit is veral jou korttermyn­geheue wat aangetas word – met ’n hoogtepunt in die derde trimester.

“Daar is nie noodwendig bewyse hiervan nie, maar ek glo jou geheue is juis in die laaste trimester swakker omdat jou endorfienv­lak so hoog is. Dis logies dat dit jou liggaam se manier is om jou te laat vergeet van die laaste, moeilike maande van swangerska­p en die bevalling,” sê Tina. “Endorfiene verander jou persepsie van tyd, wat ’n belangrike hulpmiddel is terwyl jy kraam.”

Drastiese veranderin­ge in hormoon

vlakke Jou brein word in 15 tot 40 keer meer progestero­on en estrogeen gemarineer, sê dr. Louann Brizendine, direkteur van die Women’s Mood and Hormone Clinic aan die Universite­it van Kalifornië in Amerika. Dit is ook hierdie hormone wat alle vorme van senuselle in jou brein beïnvloed.

Teen die tyd dat baba kom, is daar ook ’n groot hoeveelhei­d oksitosien wat afgeskei word wat veroorsaak dat die baarmoeder saamtrek en melk gemaak word, en wat help met die binding tussen ma en baba. Hierdie stowwe het alles ’n invloed op die werking van jou brein.

Jou breinwerki­ng Sommige wetenskapl­ikes meen dat jou volume breinselle in jou derde trimester verminder, maar dat dit ná die geboorte weer herstel. Verder word daar ook gemeen dat die werking van jou brein effens verander en dat die deel wat met emosionele vaardighed­e verband hou, harder werk om die band tussen ma en baba te help vorm.

’n Beskerming­smeganisme “Ek glo dit is ’n fisiologie­se proses wat ’n swanger vrou dwing om haar lewe te vereenvoud­ig en haar voorberei op ’n leefstyl waar sy nie altyd ten volle in beheer gaan wees nie – want dít is wat ouerskap behels,” sê Henny.

“As ons liggaam ons nie dwing om stadiger te leef nie, sal ons bloot tot en met die geboorte soos ’n hamster op ’n wieletjie hardloop.”

Jou liggaam wil jou dus laat afskaal sodat jy daarop en op jou baba kan fokus.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa