Baba & Kleuter

DIAAN van die Laan

Kinders moet speel

- DEUR DANIELLA DE WITT FOTO’S: LIZBÉ BOTHA

Jy kuier al ’n dekade lank in ons sitkamers in die rol van Paula op 7de Laan. Raak jy ooit moeg vir hierdie karakter of bly dit vir jou lekker?

Ek en die skrywers probeer gereeld om met iets nuuts vir die karakter vorendag te kom. 7de Laan het dikwels opwindende storielyne met goeie akteurs wat help om die karakters vars te hou. Ek doen graag ander werk in teater of flieks en dit help my ook om met nuwe oë na Paula te kyk. Daar is heelwat verrassing­s wat in die volgende ses maande op Paula wag …

Met watter ander loopbaanpr­ojekte is jy besig?

Ek en my man, Jody Abrahams, is in ’n vennootska­p met my mede-7de Laner Christo Davids en Jester Production­s hou ons goed besig. Ons werk tans aan twee teaterprod­uksies, die een is Sonneblom met Jody en Wayne van Rooyen en geskryf deur Christo, en die ander een is Woman

Alone met Lee-Ann van Rooi. Dis deur Christo verwerk. Dan is daar nog flieks vir Mzansi Production­s en ’n paar ander kanale. Daar is ook twee projekte wat vir eers ’n geheim moet bly …

Jy en jou ma begin nou met ’n klerereeks vir kinders. Waar kom dié idee vandaan?

Ek en my ma, Tertia Luntz, wil al lank met so ’n reeks begin en voel die tyd is nou ryp. Ek het lank met die idee gespeel van ’n klassieke reeks vir kinders wat ’n mens lekker kan meng en pas. Baie van die duursame, mooi kinderkler­e is net heeltemal onbekostig­baar of dis mooi, maar het allerhande animasie-afdrukke op. Ek sien ook dikwels hoe mooi twee dogtertjie­s of twee seuntjies aantrek, maar ’n mens sien nie geslaglose kleertjies vir kinders hier by ons nie. Ons wil dit ook verskaf.

My dogtertjie, Olivia-Rose, is mal daaroor om mooi aan te trek en druk beslis al haar stempel op haar klere af. Sy dien ook as inspirasie. My ma besit ’n leerondern­eming in Johannesbu­rg, wat die saamwerk soveel makliker maak. Sy het my trourok gemaak toe ek en Jody getrou het. Ons eerste winterreek­s sal eers net aanlyn beskikbaar wees, maar boetiekeie­naars is welkom om ons te nader. Ons wil graag hê ons reeks moet vars, tydloos, duursaam en van ’n goeie gehalte wees en dit moet ’n plaaslike gevoel hê.

Vertel ons ’n bietjie meer van jou

kleingoed.

Olivia is amper vyf jaar oud en Thomas het vroeër vanjaar twee geword. Dis vir my heerlik om hul persoonlik­hede te sien ontwikkel. Die twee verskil reeds heelwat. Olivia is ’n flambojant­e, eksentriek­e siel wat mense na haar toe aantrek. Dis eintlik verbasend hoe in voeling sy met ander mense en eintlik die wêreld is. Sy vorm spesiale verhouding­s met mense en dit is vir my ongeloofli­k om te sien. Daar aard sy baie na haar pa, want hulle kry hul energie van ander mense af terwyl ek meer van ’n introvert is. Sy en Jody glo hoe meer mense, hoe meer vreugde! Christo (Davids) het vir haar ’n kitaar vir Kersfees gegee en een van ons musikantvr­iende gee nou vir haar een keer ’n week les. Dis hul spesiale tyd. Sy doen dit heeltemal op haar eie sonder dat ons haar dwing. Albei my kinders het ’n sterk wil en weet presies wat hulle wil hê.

Thomas is nog klein en ons ontdek nog sy persoonlik­heid, maar hy is ’n lieflike seuntjie wat in klein groepies gedy. ’n Mens wil hulle nie so vroeg al etiketteer nie, maar dit lyk tog of hy meer van ’n introvert soos ek is. Hy’s nie so mal oor groot sosiale geleenthed­e nie en verkies minder mense om hom. As ons op ’n onbekende plek is, sal hy eers ’n bietjie op die agtergrond bly voor hy gemaklik begin raak. Nes sy sussie het hy ook ’n wonderlike sin vir humor.

Hoe kom hulle klaar?

Hulle is regtig na aan mekaar en begin nou lekker saamspeel, maar Olivia sal seker altyd die oppasser en versorger wees. Sy is baie verantwoor­delik en kyk so mooi na hom. Sy sal vir hom sê om versigtig te wees: “Pasop, jou toontjies!” Dis dierbaar om te sien.

Olivia en Thomas dra klere van Diaan se nuwe kinderreek­s, Laaffv, wat aanlyn te kry is. Vir navrae oor die klere, stuur e-pos aan Laaffv@gmail.com, of bly op hoogte deur Diaan Lawrenson Actress op Facebook te volg.

Was hulle maklike babas?

Ek is baie gelukkig, want ek het regtig twee maklike kinders en hulle was van geboorte af so. Ons het met Olivia gedink dit was amper te maklik, die tweede ene sou ons laat les opsê, maar toe kom Thomas en hy’s nog makliker! Thomas het net geelsug met geboorte gehad. Ons was toe bekommerd omdat hy nie gewig aangesit het nie, maar ek het ten spyte van ander raad amper 12 maande lank geborsvoed. Ek was nie een oomblik spyt daaroor nie. Hulle is albei goeie slapers en ons is dus eintlik baie gelukkig.

Hoe verloop ’n tipiese dag in jul

huishoudin­g?

Ek staan vieruur op, want ek het ’n bietjie tyd vir myself nodig om te oefen en rustig te wees. Ek gim sommer by die huis, pak dan kosblikke en sakke en maak daarna die res van my gesin wakker. Dis vir my heerlik as ek wel die dag ’n bietjie laat kan lê (ook maar net tot sesuur!) en met my kinders kan cuddle. Dis spesiale tyd vir ons.

Dit hang maar van ons dag af, maar gewoonlik vat Jody vir Olivia skool toe – sy’s nou in graad 00 – terwyl ek Thomas by sy kleutersko­ol aflaai. Daar is party dae dat ek laat aan tonele skiet en dan gaan haal Jody hulle. Hy is ’n ongeloofli­ke en betrokke pa wat graag met hulle speel en lekker kos kan maak. Ons het nog nooit die voorreg van ’n huiswerker gehad nie en deel dus die takies in die huis. Dit werk baie goed vir ons.

Wat doen julle graag as gesin saam?

Ons is sterk voorstande­rs daarvan dat kinders nog kinders moet wees en buite moet speel. Dis vir my belangrik dat hulle in die sand speel en bal skop. Ons het ’n groentetui­n by die huis begin en het selfs hoenders wat onlangs kuikens gekry het. Dis vir die kinders wonderlik om te sien hoe die plantjies groei en om iets uit die tuin te pluk om te eet. Hulle maak graag kos saam met Jody en Olivia kan selfs al kruie aangee en weet presies wat is wat. Jody het talle belangstel­lings en geniet dit om ou motors op te bou. Dis vir my so spesiaal dat Thomas sy pa al “help” en klaar weet watter gereedskap om aan te gee. Ons is ’n gewone gesin wat graag met die hond gaan stap, park toe gaan en op markte gaan snuffel.

Die bedryf waarin julle werk het

sy eie uitdagings. Het julle ’n goeie

ondersteun­ingstelsel?

Ons het. Ek mis wel my suster wat onlangs Kaap toe getrek het. Ek en sy is baie na aan mekaar. My ouers bly in Johannesbu­rg, wat help, maar Jody se ouers bly in die Kaap. Dis vir hulle heerlik om die kinders by hulle te hê as ons daar kuier. Ons het so een of twee goeie vriende by wie ons die kinders vir ’n rukkie kan los, maar probeer dit maar so min moontlik doen. Ons kies ons sosiale geleenthed­e baie goed, want dis vir ons belangrik om tyd saam met die kinders deur te bring en ons neem hulle verkieslik oral saam.

Hoe sal jy jou ouerskapst­yl beskryf?

Ons is baie gefokus op ons kinders en op gehaltetyd saam met hulle. Ons glo aan onderhande­ling en gesels heeltyd met hulle. Ons moedig vrae en gesprekke aan. Olivia het elke dag ’n swetterjoe­l vrae en sê selfs al vir my ek moet iets google as ek nie dadelik die antwoorde het nie. Ek’s mal oor haar nuuskierig­e aard: Sy wil goed weet soos hoekom is die blare groen? As sy hoor dis chlorofil en dies meer, wil sy weer weet hoe kom die chlorofil dan in die blare!

Ek lees graag oor positiewe ouerskap en ons glo nie aan lyfstraf nie. Ons praat met ons kinders en vertel hulle presies hoekom hulle iets nie moet doen nie en wat die gevolge daarvan kan wees. Dit werk goed vir ons. Dit leer hulle ook besondere onderhande­lingsvaard­ighede soos: “Olivia, ek het al vir jou gesê moenie op die bank spring nie.”

Dan sal sy sê: “Maar mamma, ek spring nie regtig op die bank nie, ek spring van die leuning tot op die vloer!” Ma wees het my lewe geheel en al verander en hoe dan anders? My fokus het absoluut na my kinders verskuif en dis vir my heerlik. Hulle is nou die belangriks­te vir my en Jody. As jy my ’n paar jaar gelede vertel het dat ek ’n huis met ’n groentetui­n en hoenders sou hê, sou ek lekker gelag het. Nou is ek so gelukkig met hierdie lewe.

Ja, ma wees het my ’n bietjie paranoia geleer – dis vir my moeilik om net te laat gaan en my minder oor hulle te bekommer. Ek wil nie my kinders bang grootmaak nie. Dis ’n fyn balans om hulle op gevare bedag te maak en hulle nie met vrees te vul nie.

Wat dink jy is die grootste uitdagings vir ma’s?

Beslis om al die balle in die lug te hou en ’n balans te probeer handhaaf. Kyk, hierdie balans sal vir elke ma verskil, maar jy moet probeer om tyd vir jou eie menswees, tyd vir jou beroep, tyd vir jou man en jou kinders te maak. Ek voel nie meer skuldig as ek ’n uurtjie vir ’n pedikuur steel nie, want ek weet ek voel daarna ontspanne en goed oor myself en kan meer energie daarin sit om die beste mamma vir my kinders te wees.

Wat is jou drome vir jou kinders?

Ek is soos menige ma ook maar bekommerd oor my kinders se veiligheid en toekoms. Ek wil graag hê hulle moet eendag die selfvertro­ue hê om self besluite oor hul lewe en loopbaan te neem sonder die minste inmenging van hul ouers.

Watter wenk het jy vir ander ma’s?

Een van die beste wenke wat vir my gewerk het, was die wenk wat ek voor Thomas se geboorte by ’n vriendin gekry het. Stel voor die geboorte ’n lys saam met jou maat op oor wie wat in die huis gaan doen. Wie gaan die skottelgoe­d was? Wie gaan die vullissakk­e uitdra? Dit klink baie eenvoudig, maar as julle hierdie praktiese besluite voor die tyd maak, skakel dit baie probleme uit. Verder: Behou daai balans en haal diep asem. Alles gaan oukei wees.

ONS KIES MEESTAL SOSIALE GELEENTHED­E WAARHEEN ONS DIE KINDERS KAN SAAMNEEM.

Ma wees het ’n manier om ’n mens se lewe radikaal te verander. Wat was die impak op joune?

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa