Baba & Kleuter

DÍS HOEKOM JOU KIND BYT

Moenie alleen voel as jou kind die een is wat ander byt nie. Dis tipiese gedrag vir ’n peuter en dit beteken nie dat jy ’n slegte ouer is nie.

- DEUR NIA VISAGIE

MOENIE REG NÁ DIE VOORVAL MET DIE BYTER RAAS NIE: DRAAI JOU RUG OP HOM EN GEE AANDAG AAN DIE GEBYTE KIND.

As jou peutertjie by die huis of skool begin het om ander kinders te byt, wag ’n stresvolle tyd. Dit kan gebeur dat maatjies by die skool nie met hom wil speel nie en dat hy nie meer genooi word om by ander gesinne te gaan kuier nie. Jy gaan beslis bekommerd wees oor hom en wat moontlik agter die gedrag kan skuil. Hoekom het hy skielik begin byt? Gaan hy ooit daarmee ophou? Wat kan jy doen om dit te beheer? Ons het antwoorde gaan soek.

Hoekom byt hy?

Volgens suster Ann Richardson, skrywer van Koesterjou­kleuter (Metz Press), is dit nie ’n mite dat peuters byt omdat hulle tande kry en weens frustrasie nie. Jy sal gelukkig maklik die verskil kan sien wanneer jou kind byt om sy tandvleis te streel (gewoonlik as hy onder twee is) en wanneer hy byt omdat hy kwaad, jaloers, gefrustree­rd of ontsteld is.

“As ’n ander kind jou kind irriteer, sal jy gou agterkom dat hy om ’n emosionele rede gebyt het en nie omdat hy tande kry nie,” sê Ann.

Sy verduideli­k dat wanneer ’n kind nog nie die woorde het om hom mee uit te druk nie, hy dikwels in moeilike situasies kan reageer deur te byt of te stamp. As jou kind ’n introvert is of sensitief is vir sensoriese oorlading, sal hy moontlik op ’n meer uitbundige kind reageer deur te byt.

“Soms is sosiale geleenthed­e met ander kinders of speel met ander kinders eenvoudig te veel vir ’n sensories sensitiewe kind. Hulle begin oorweldig voel in ’n sekere omgewing (te veel sand, te veel speelgoed, te veel geraas) en kan die stimulasie op ’n emosionele vlak nie hanteer nie,” sê sy.

Wat kan jy doen?

Meestal is die probleem dat daar ’n paar kinders is wat nie met mekaar oor die weg kom nie. Dis ’n goeie idee om jou kind gereeld te waarsku om nie te byt nie, en ook die ander ouers te laat weet dat jou kind soms byt voor jy enige speelafspr­aak maak. Sê ook hulle moet jou bel as daar ’n probleem is,” sê Ann. Die alternatie­f is om jou kind weg te hou van die geselskap van die kind met wie daar dikwels konflik is.

“In ’n neutedop moet jy jou kind se sensoriese profiel verstaan. Is dit dat hy nog nie kan praat nie en geneig is om uit frustrasie te byt? Jy moet begrip hê vir die situasie,” sê Ann. As jy eers verstaan hoekom hy byt, moet jy jou bes probeer om die swak gedrag te keer of te vermy voor dit kop uitsteek. Sorg byvoorbeel­d dat speelafspr­ake nie te lank aanhou nie – een uur per ouderdomsj­aar is ’n goeie riglyn. Moet ook nie verwag dat jou kind laat in die dag mooi gaan speel nie, want teen daardie tyd is hy moontlik reeds oorgestimu­leer en dis eerder tyd vir afwen met ’n bad, boek en bed.

Die goeie nuus is dat die bytery mettertyd self verdwyn, maar voorskools­e kinders en selfs ouer kinders sal soms byt as hulle uitgelok word. Doen alles wat jy kan om die oorsaak te vind voor die probleem handuit ruk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa