Baba & Kleuter

Roetines wat werk

’n Nuwe baba in die huis beteken ’n nuwe daaglikse roetine, maar wie behoort hierdie roetine te bepaal? Jy of baba?

- DEUR SHANDA LUYT

Die ritme van ‘n gesin verander met ‘n nuwe baba in die huis en een van die groot uitdagings is om ’n nuwe roetine te vind waarmee julle almal gemaklik is. Moet jy baba op aanvraag voed of is ’n vaste skedule beter? Behoort jy ’n vaste roetine te volg wat by jou bestaande dagprogram inskakel of moet jy jou deur baba se lyftaal laat lei en ’n meer informele benadering volg?

Daar is geen enkele regte of verkeerde antwoord nie en selfs kenners se menings verskil. Die geheim bly om ’n nuwe lewenspatr­oon te vind wat by jul unieke behoeftes en persoonlik­hede pas. Maar wat is jou opsies? ’n Ouergesent­reerde roetine beteken dat ouers die daaglikse roetine vir hul kleinding bepaal, sê Inamarie Greyson van die Mother and Baby Clinic in Johannesbu­rg.

“Ouers besluit dus wanneer en waar hul baba gaan eet, slaap en speel. Die ouers volg ’n streng voedingsro­etine waar die baba net op geskedulee­rde tye gevoed word en op vaste tye gaan slaap en weer wakker gemaak word vir die volgende voeding.”

Suster Ida Bester van die Boeps2babe­s-babaklinie­k in Centurion is ’n voorstande­r van ’n ouergesent­reerde roetine met vaste voedingsty­e. Sy meen babas wat met geboorte minder as 3 kg geweeg het, moet drieuurlik­s gevoed word om hul bloedsuike­rvlak konstant te hou, en daarom moet jy jou baba elke drie uur wakker maak om te keer dat sy bloedsuike­r te veel daal. Babas van meer as 3 kg moet vieruurlik­s gevoed word. “As jy jou baba drie- of vier-uurliks voed, kom julle vinnig in ’n roetine en dit is soveel makliker vir mamma en baba.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa