Baba & Kleuter

Gelukkige Moedersdag!

-

Ons het sonder twyfel die mooiste lesers van enige tydskrif in die land. Ag, sommer die wêreld. Vir bewyse, blaai na bl. 16 waar ons ’n klompie foto’s van lesers en hul kroos publiseer, ter viering van Moedersdag. Elke foto vertel ’n storie van liefde en lekkerkry. Dit was ’n byna onmoontlik­e taak om te kies uit die meer as 500 stralende foto’s wat ons ontvang het vir hierdie twee blaaie. Maar ons moes...

Net soos ons voorbladma, Diaan Lawrenson, sit ons lesers hul kinders eerste. Soms is dit maklik om te doen, want kinders is tog so ’n genot. En soms is dit ’n uitdaging, maar ons ma’s stuit vir niks. Gaan lees wat sê ons Ware Verhaal-ma op bl. 24. Sy was absoluut vasberade om te borsvoed, en nie eens ’n gesplete lippie sou haar van stryk bring nie. Haar gesin is pragtig.

Nog ’n paar pragtige gesiggies is my liewe kollegas wat hier langs my redakteurs­brief pryk. Purity & Elizabeth Anne’s het ons gevra watter herinnerin­ge die reuk van hul babaproduk­te by ons wakker maak.

Ek het sommer broeis geraak toe ons begin gesels oor daardie kosbare tye met ’n klam baba wat pas uit die bad gekom het en snoesig in ’n handdoek op jou skoot sit. Dis wanneer jy jou gesig in jou baba se nek druk en diep deur jou neus asemhaal. Yolandi sê dis onmoontlik om nie dan jou baba net daar te soen nie. Vir my was daardie reuk so heerlik, ek het nie altyd by soen gebly nie – soms het ek my babas sommer van pure lekkerkry gebyt! (Darem nie seer nie.)

Soos hulle ouer geraak het, het dit dikwels oorgeloop in ’n luidrugtig­e soen-en-kielie-enborrels-blaas-sessie. Die gille en giggels het dan ook die huis se kieliemees­ter laat kom – hulle pa, wat ons dan almal gekielie het tot ons skoon flou was. Koester daardie oomblikke – dis regtig so gou verby.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa