Baba & Kleuter

Mija is my muse

2015 is die jaar waarin Jak weer drie jaar oud wil wees, want so kan die wêreld dalk ’n beter plek word.

-

Aan die einde van 2014 het baie dinge in ons land en in die wêreld gebeur wat my laat wonder het wat my besiel het om kinders in die wêreld te bring. Tog, as ek met my ma gesels en haar oor my bekommerni­sse en onsekerhed­e oor my kinders se toekoms inlig, vertel sy my staaltjies oor hoe onstabiel die politieke omstandigh­ede met my geboorte ook was. Want 1976, die jaar waarin ek gebore is, was immers ’n jaar van groot oproer in Suid-Afrika. En alles het oukei uitgewerk, stel sy my gerus.

Hoewel die stories van die verlede my nie eintlik beter laat voel nie. Soos ek hier sit en skryf dink ek aan die kinders oor die wêreld heen wat in oorloggete­isterde lande woon. Ek sien beelde in die koerant van kinders wat huil en beseer is, wees gelaat as gevolg van politieke en geloofsoor­loë. Ek dink aan die Suid-Afrikaner Pierre Korkie wat ’n dag voor sy vrylating in Jemen geskiet is, ’n onskuldige mens met net goed in sy hart.

Ek dink aan die Groenewald-gesin, wat ook uitgewis is. Ek lees van mense wat vermoor word in Suid-Afrika en politieke leiers wat ons land lei met haat en rassisme. Die Rand verloor sy waarde en oorsese beleggers is sku om in SuidAfrika te belê weens misdaad en bedrog deur staatsleie­rs. Ek dink aan hoe almal Nelson Mandela se liefdevoll­e aanslag as leier eer en ophef, maar ek verstaan nie hoekom niemand in sy spore volg nie. Ek is ’n jong ouer in Suid-Afrika en ek voel soms baie skepties en blootgeste­l aan die toekoms van ons land en sy kinders.

Al wens ek ek hoef my kinders nie aan hierdie stukkende wêreld bloot te stel nie, weet ek dat dit die kinders van vandag is wat hopelik hierdie land en wêreld sal verander. Kinders word gebore met rein harte. Dit herinner my aan die gesegde “uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor”. En daarom weet ek, as ek twyfel of iets goed of sleg is, kan ek net kyk hoe my kinders daarop reageer.

Mija is drie en ’n half jaar oud. Sy is my muse. Toe die lente in 2014 aanbreek, het ek besluit om ons huis binne te laat verf. Ek het ’n behoefte gehad aan somerkleur­e. Weg met die grys. Albert is die swart man wat drie jaar in Parys saam met my gewerk het om ons huis op te knap. Die kinders ken hom van geboorte af. Ek het hom gaan haal om ’n week in Pretoria deur te bring om ons huis binne te verf. Die kinders was bly om vir Albert te sien.

Die eerste dag van die verwery is verby en Michelle sit teen skemer aandete op ons stoep voor. Jamie, Mija en ek sit gereed en in afwagting terwyl sy inskep. Albert kom om die draai gestap met sy bord. Michelle skep vir hom ook kos in, hy bedank haar hartlik en verdwyn weer na die agterkant van die huis.

Mija dink ’n oomblik na en vra: “Gaan Albert nie saam met ons eet nie, mamma?” “Nee, my liefie,” antwoord Michelle. Mija dink verder en vra: “Hoekom wil Albert nie saam met ons eet nie, mamma?”

“Hy wil seker ’n bietjie alleen wees, Mija,” gee Michelle ’n onvoldoend­e antwoord.

Mija dink verder. “Waar gaan Albert vanaand slaap, mamma?” vra sy. “Daar agter in die buitekamer, Mija.” Mija dink: “… wil Albert nie in ons huis slaap nie?” vra sy.

Ek het besef dat Mija net oor hierdie dinge dink omdat haar hartjie heeltemal rein is, onaangeraa­k deur geskiedeni­s, rassisme en politiek. Haar lewetjie is nog nie deurdrenk van mense wat mekaar oordeel en veroordeel nie. Ja, sy besef ek is wit en jy is bruin, en jy is Engels en ek is Afrikaans, maar sy kan niemand veroordeel nie, want haar hart is skoon en rein. Vir ’n oomblik het ek gewonder waar alles in die lewe so verkeerd geloop het. Almal wat vandag moor en haat en veroordeel was eens tog ook drie jaar oud. Daar was ’n dag toe almal nog klein en rein, sonder oordeel en haat was. Sonder planne om ander seer te maak.

En toe sien ek weer die beeld van die dogtertjie met haar teddiebeer wat verlate staan en huil in ’n oorloggete­isterde land. Alles is van haar weggevat deur bomme en geweerskot­e. Haar ouers, haar huis, haar broers en susters. Sy staan stoksielal­leen met net haar beer.

As jy self kinders het, is dit die ontstellen­dste beeld wat jy ooit sal sien. Hoe beskerm ons ons kinders teen die wêreld?

Ek het dus besluit dat ek in die jaar 2015 weer soos ’n driejarige dogtertjie wil wees wat alles wat ek sien eers met liefde beoordeel. Alles wat ek hoor met ’n rein hart benader. En al leef ons in ’n stukkende wêreld waar mense mekaar aanvaar of nie, weens velkleur, oriëntasie, ras, rykdom, armoede of geloof, wil ek eers soos Mija alles uit die oë van liefde bestudeer.

Mija is my muse. Ek wil soos sy wees, want uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor.

VANDAG SE MOORDENAAR­S WAS EENS TOG OOK DRIE JAAR OUD.

 ??  ??
 ??  ?? se kitaar-enFisher-Price Rockster
Toys R Us, mikrofoons­tel R299,90, www.toysrus.co.za.
Maak geraas
se kitaar-enFisher-Price Rockster Toys R Us, mikrofoons­tel R299,90, www.toysrus.co.za. Maak geraas

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa