Baba & Kleuter

VARS LUG VIR DELIKATE VEL

Daar is omtrent niks so delikaat soos ’n baba se vel nie. ’n Fopspeen behoort dit nie te verander nie. Groot ventilasie­gate kan sorg dat ’n fopspeen besonder sagkens op die vel is.

- *Bron: Oktober 2012, Kwalitatie­we Marknavors­ingkonsult­ante

V Kinders is gek oor fopspene, want dit bevredig hul natuurlike suiginstin­k en is kalmerend. En ma’s? Somtyds is hulle onseker of hulle regtig hul kind help deur ’n suighulpmi­ddel te gee. Wat moet ’n fopspeen dus bied om sodoende die ma’s ook opnuut te verseker?

Ekstra-groot ventilasie­gate

Baie ouers hou nie van die feit dat fopspene rooi merke en velirritas­ies veroorsaak nie. Indien die ventilasie­gate te klein is, of as die monddoppie nie jou kind se gesig perfek pas nie, kan dit veroorsaak dat speeksel tussen die fopspeen en vel versamel en te lank op die vel bly. Die nuwe NUK Freestyle-fopspeen het ekstra-groot gate en ’n klein oppervlaka­rea wat beteken dit laat lug na die vel deur en het minder punte van kontak. Dit is wat dit so vel-vriendelik maak. Die hartvormig­e monddoppie los ook genoeg spasie vir die neus en pas die anatomiese vorm van die gesig perfek.

Natuurlike en ortodontie­se speen

Nog belangrike­r as die vorm van die monddoppie is die speen van die fopspeen. As dit natuurlik en ortodontie­s is, sal dit, anders as die kind se duim, gesonde mondontwik­keling ondersteun en die risiko vir skewe tande verminder. Net soos alle NUK- fopspene beskik die NUK Freestyle oor ’n speen gebaseer op die vorm van ’n ma se tepel gedurende borsvoedin­g – dit beteken dat die NUK ortodontie­se vorm self aanpas by die baba se kaak op ’n ergonomies­e wyse om baba se mondkontoe­re te volg. Dit skep genoeg ruimte vir die tong gedurende die natuurlike suigbewegi­ng en het ’n nou speennek wat die drukking op die kaakbeen verminder.

Ontwerp deur ortodontis­te, beproef deur ma’s

NUK se innoverend­e ortodontie­se fopspene is ontwerp deur ortodontis­te om ortodontie­s-korrek te wees, en om die gesonde ontwikkeli­ng van jou baba se klein mondtjie aan te moedig. Die meeste ortodontis­te beveel NUK bo enige ander handelsmer­k aan*. Beteken al hierdie feite dus dat ma’s oortuig is van hierdie fopspeen? Om uit te vind, is die nuwe NUK Freestyle deeglik ondersoek deur 100 ma’s en hul kinders in ’n twee-weke-verbruiker­snavorsing­studie. Die resultate: 92% ma’s het gedink die Freestyle pas hul baba se gesig perfek – hulle was mal oor die sagte aard van die fopspeen op die vel en die uitstekend­e ontwerp. Is dít nie gerusstell­end nie?

 ??  ??
 ??  ?? Vir meer inligting, besoek www.nuk.co.za.
Ons is passievol oor wat ons doen en ons sal enige vrae beantwoord en graag na jou stories luister, skakel ons dus asseblief by 011 430 5600, e-pos info@nuk.
co.za of skakel ons vroedvrou by 083 608 3436 vir...
Vir meer inligting, besoek www.nuk.co.za. Ons is passievol oor wat ons doen en ons sal enige vrae beantwoord en graag na jou stories luister, skakel ons dus asseblief by 011 430 5600, e-pos info@nuk. co.za of skakel ons vroedvrou by 083 608 3436 vir...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa