Baba & Kleuter

ORRELPYPIE­Sin Aus

Nadine Odendaal se vier engeltjies is almal in die buiteland gebore, en nou is Perth, Australië, hul tuiste.

-

In die vroeë dae van my en my man, Jaco, se verhouding het ons reeds ons begeerte na ’n groot gesin besef. Kort ná ons ontmoeting is ek en Jaco na Singapoer, waar ons lewensreis saam begin het. Ons eersteling, Aiden (4), is daar gebore en ná byna twee jaar se avonture daar is ons sak en pak Australië toe.

Aimee (3) se geboorte in Melbourne was skielik en vroeg op 35 weke, maar sy was ’n baie sterk bondeltjie vreugde wat vinnig aangesterk het. Met die jongste twee, Aivah (2) en Anais (8 maande), het ek watergeboo­rtes gehad, in Perth. Al my geboortes was natuurlik en sonder medikasie, en al vier was unieke en onvergeetl­ike ervarings!

Oral waar ons gaan is daar baie vrae. Is almal joune? Was al vier beplan? Is jy die mamma of die oppasser? Jy het seker jou hande vol met hierdie spul? Hierdie vrae laat my giggel. Maar dan is daar ook belangrike vrae. Dié waaroor ons ook mooi moes gaan nadink. Hoe regverdig ons die besluit om soveel kinders in die wêreld te bring, waar alles boonop so onbekostig­baar is? Hoe verdeel ek my liefde en tyd om aan elkeen individuel­e aandag te gee? En vir ons seker die belangriks­te vraag: Hoe doen ek dit hier in ’n vreemde land sonder familie en direkte ondersteun­ing naby?

Daar is net een antwoord: geloof. Namate ons die paadjie met ons kinders stap, leer ons elke dag meer oor ouerskap, maar weet ons ook dat God elke dag in beheer is.

Ons belangriks­te taak is om nou die regte grondslag vir hulle te lê. Dit is juis waarom ons keuse van ’n Christelik­e skool bitter belangrik was, reeds vanaf die voorbereid­ingsjare. Ons kan die voorbeeld wees by die huis, maar by die skool waar hulle ’n groot deel van hul dag deurbring, wil ons hulle ook graag blootstel aan dieselfde norme en waardes.

My dag is hoofsaakli­k my kinders s’n en ek maak seker dat daar genoeg individuel­e aandag is. Ek glo nie dat dit ooit vir ’n ma nodig moet wees om haar liefde te “verdeel” nie, want met elke nuwe engeltjie wat by die gesin gevoeg word, vermenigvu­ldig daai liefde! Daar is nooit ’n tekort aan liefde nie.

Natuurlik mis ons die oumas, oupas en familie oneindig baie! Niks sal ooit ’n plaasverva­nger vir daardie verhouding­s wees nie, maar danksy Skype, Facebook en WhatsApp kry die familie darem ’n idee van ons daaglikse lewe hier in Perth. Ek probeer om elke dag foto’s, video’s, stories en nuus met hulle te deel. Ek wys selfs die kinders se skool-kunswerkie­s en -take en neem oulike sêgoed op.

Dit sou vir ons as egpaar lekker gewees het om af en toe die kinders na ouma en oupa te kon neem vir ’n datenight, maar dis ongelukkig van die opoffering­s wat ’n mens maak. Ons voel ook dit sal oor ’n ruk moontlik wees. Ons hoop ook steeds dat die oumas en oupas (en natuurlik die ooms en tannies wat kan) eendag saam met ons hier kan kom woon, voor die verlange te veel raak!

Die lewe is verseker dol met vier klein tjies heeldag aan jou sy! Vir my is die rondry na skole, klassies en afsprake die ergste, omdat ek elke keer almal uit en in moet laai. Dan natuurlik die stilsit terwyl ons êrens wag of deelneem aan aktiwiteit­e met ’n baba op die heup, twee sussies hand in hand en boetie wat wil verken! Vooruit beplan, streng dissipline en vaste roetine is al wat dinge vlot laat verloop. Jaco is my steunpilaa­r en ek waardeer sy hulp vreeslik baie. Terwyl ek die kinders in die aand bad en regkry vir stories en bed, kook hy vir ons fantasties­e kos. Die res van die aand is dan “ons” tyd. Ek geniet dit om in my vrye tyd te bak en my baktyd begin dus baie aande net ná die kinders se slaaptyd.

Hier is nie huis- of tuinwerker­s soos in Suid-Afrika nie. Daar is glad nie ’n laeinkomst­e-werkerskla­s nie. Die minimum loon is sowat 35 dollar (omtrent R320) per uur en dus (mits jy ’n goeie werk het van tussen $45 en 60 dollar per uur, oftewel R420 tot R550) is dit ’n luukse wat mense meestal net kan bekostig as daar dalk ’n dubbele inkomste is. Selfs dan voel dit erg om meer as die helfte van jou inkomste so te moet bestee. Ons doen dus alles self en kom klaar met een goeie inkomste.

Gelukkig is hier glad nie ’n tekort aan dinge om te doen vir tuisblymam­mas met klein kindertjie­s nie. Oral is groen, skaduryke, veilige parke met die oulikste speelplekk­e vir kinders. Sommiges het kleedkamer­s, afdakkies, piekniekba­nkies en gratis gasbraaier­s vir die ouers ook. Ons is dankbaar dat ons kinders hier kan grootword!

 ??  ?? Odendaal en Die Odendaals: Nadine en Jaco
(3), Aivah (2) en die kleingoed, Aiden (4), Aimee Anais (8 maande).
Odendaal en Die Odendaals: Nadine en Jaco (3), Aivah (2) en die kleingoed, Aiden (4), Aimee Anais (8 maande).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa