Baba & Kleuter

Soos ’n TWEEDE ma

Persoonlik­heid is belangrike­r as vaardighed­e wanneer jy ’n kinderoppa­sser kies.

- DEUR KAREN VAN DER BERG

JOU OPPASSER PAS JOU KOSBAARSTE BESITTINGS OP. PAS HAAR DUS OOK GOED

Gemoedsrus is ’n woord wat vir elke nuwe ma ’n dieper betekenis kry wanneer haar kleinding gebore word. Vrae soos drink my kind genoeg, slaap my kind genoeg, sit my kind genoeg gewig aan, is dit koors of nie? maal pal deur jou gedagtes. En wanneer jy ná kraamverlo­f moet terugkeer werk toe, is dit nie net ’n baie emosionele en moeilike tyd nie, maar wil jy ook gerus wees dat jou kleinding in goeie hande is. Hande amper soos jou eie. Maar waar vind jy so iemand en wat kan jy van haar verwag?

Waar om te begin

Haar voorkeurke­use bly om ’n kinderoppa­sser by die huis te hê, sê Carmen Hamman, Gautengse takbestuur­der van die ondernemin­g Supernanni­es.

“Kinders onder twee moet liefs by die huis gehou word omdat hulle by ’n dagsorgple­k so vinnig siek kan word. Hulle het ook nog nie sosiale interaksie nodig nie en floreer op persoonlik­e stimulasie en sorg.”

Verskeie agentskapp­e landwyd kan help om kinderoppa­ssers te plaas, of ’n mens kan ook deur verwysing goeie oppassers vind.

’n Goeie oppasser moet oor ’n paar eienskappe beskik, sê Carmen.

“Betroubaar­heid en opregte liefde vir kinders is die vernaamste eienskappe. Dis belangrik om te besef daar is baie werklose mense wat ’n pos as kinderoppa­sser sal aanvaar net omdat hulle die geld nodig het en nie omdat hulle noodwendig ’n passie vir kinders het nie. Wanneer so iemand noodgedwon­ge ’n pos aanvaar, kan sy aggressief, ongelukkig en terneerged­ruk word. Dit kan lei tot die aaklige voorvalle waar kinderoppa­ssers die kindertjie­s in hulle sorg mishandel.” (Lees die artikel Monster in jou midde?, Baba & Kleuter, April 2015).

Jy kan jou oppasser die nodige vaardighed­e leer, maar jy kan nooit iemand anders se persoonlik­heid verander nie, waarsku Carmen.

“As jy iemand vertrou en sy is werklik lief vir jou kinders, help eerder om haar vaardighed­e te verbeter.”

Sy moet betroubaar wees. Dit kan bepaal word deur volledige verwysings na te gaan en met vorige werkgewers te gesels.

Span jou sesde sintuig in wanneer jy die onderhoud voer, sê Carmen.

“As iets nie vir jou reg voel nie, vertrou jou intuïsie. Dis meestal in die kol.”

Harde, harde werk

Dit kos harde werk om na kinders om te sien en net ’n spesiale soort persoon kan dit doen.

“Dit is waarom ek beklemtoon dat nie almal die persoonlik­heid het om kinders op te pas nie,” sê Carmen.

Kinderoppa­ssers kan ook soms hul frustrasie met die ouers op die kind uithaal.

“Dit is waarom ’n mens altyd moet seker maak dat jou oppasser se werkure en omstandigh­ede goed is en in pas is met arbeidswet­gewing. Behandel jou kinderoppa­sser met respek, betaal haar die regte salaris en gee haar wat haar toekom, soos verlof en bonusse. Onthou, jou heel kosbaarste besitting is heeldag in haar sorg en haar arms.”

Help haar

Daar is maniere waarop ouers kan help om kinderoppa­ssers se werk ’n bietjie makliker te maak, sê Carmen.

“Kinderoppa­ssers het baie noodsaakli­ke ondersteun­ing nodig. Jong babatjies kan soms ure aaneen huil en dit kan baie frustreren­d wees. Maak seker jou kinderoppa­sser het iemand met wie sy kan gesels en wat haar omstandigh­ede verstaan. Dalk het die bure ook ’n kinderoppa­sser met wie sy kan gesels. Maak verder seker daar is oop kommunikas­ie tussen julle sodat sy die vrymoedigh­eid het om jou te bel wanneer sy voel sy kan nie meer nie.”

Carmen sê jy moet ook seker maak jou kinderoppa­sser kry genoeg rus.

“Sy moet dalk reeds baie vroeg opstaan om betyds by die werk te wees en kom dalk eers baie laat by die huis, waar sy haar eie gesin nog moet versorg.”

Moet sy ’n kursus volg?

Carmen beveel dit aan.

“’n Goeie kursus verseker dat jou oppasser die nodige vaardighed­e leer. Dit gee haar ook die selfvertro­ue om die beste te wees in haar rol as kinderoppa­sser. Jy belê in jou kind se toekoms.”

Nog iemand wat glo aan kursusse is Annemarie du Plessis van Bloemfonte­in. Sy is ’n onderwyser, kinderkine­tikus en is besig met haar meestersgr­aad oor die rol wat kinderoppa­ssers in die ontwikkeli­ng van kinders speel.

Annemarie bied ook kursusse vir kinderoppa­ssers aan.

Sy sê die belangriks­te boodskap wat sy vir die kinderoppa­ssers leer is:

“Jou eerste voorkeur daagliks is die versorging en vorming van die kleinding in jou sorg. Jy tree op as ’n tweede ma en dit is ’n baie belangrike werk. Om net te sorg dat magies vol is en doeke omgeruil word, is nie genoeg nie. In mamma se af-

AS DIE OPPASSER NIE HAAR WERK GENIET NIE, GAAN JOU BABA DIT AANVOEL.

wesigheid is jy die primêre versorger.

“Die kleinding in jou sorg moet voel dat jy omgee en dat jy hom sal beskerm indien nodig. As jy nie jou werk geniet nie, gaan die baba in jou sorg dit aanvoel en negatief op jou reageer.”

Annemarie sê sy leer die kinderoppa­ssers oor algemene versorging, roetine, kommunikas­ie, stimulasie, slaappatro­ne, persoonlik­e higiëne, basiese noodhulp, wat om te doen wanneer daar ’n noodgeval is en voeding. Sy het ook ’n inligtings­essie met elke ma.

“Basiese inligting maak dinge vir die ma en kinderoppa­sser soveel makliker. Ek sien hoe verhouding­s verdiep, vertroue toeneem en hoe ma’s meer gemoedsrus kry as wat hulle self gedink het moontlik is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa